Menu terloops

Skemerdans

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Sep 2021]


’n Neo-noir moordraaisel speel af op die Kaapse Vlakte in die Oasis Jazz Club in Skemerdans, ’n Showmax Original reeks.

Kyk nou

Skemerdans
Kyk lokprent

’n Neo-noir moordraaisel speel af op die Kaapse Vlakte in die Oasis Jazz Club,  die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n weduwee en ’n misdaadsindikaat.

SAFTA-wenners Kevin Smith (Arendsvlei), Ilse Klinch (Stroomop) en Brendon Daniels (Sara se Geheim) lei die sterbelaaide rolverdeling wat ook Trudy van Rooy (Die Byl, Sara se Geheim), Vinette Ebrahim (7de Laan) en Bongo Mbutuma (Die Spreeus) insluit. Skemerdans is ook een van die ontslape Ceagan Arendse (Suidooster) wat in Februarie 2021 oorlede is, se laaste rolle.

Amy Jephta is die reeks, wat by die legendariese Club Galaxy in Rylands en in Voortrekkerweg verfilm is, se showrunner.

Skemerdans ontvou oor 13 episodes met Kaapse jazz en die stad se ewe eiesoortige Engels-Afrikaans-geselstaal. Kyk dit nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies