Menu terloops
In Features [28 Jun 2023]

Silwerskermfees 2023: Heel eerste TV-benoemings bekend


Die TV-deel van die Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie strek oor ’n allemintige 20 kategorieë, insluitend twee kategorieë waarin kykers die wenner sal bepaal – TV-oomblik van die jaar en TV-persoonlikheid van die jaar.

Silwerskermfees 2023: Heel eerste TV-benoemings bekend

Edwin van der Walt (Donkerbos en Fraksie), Erica Wessels (Donkerbos), Melissa Myburgh (Dinge van ’n Kind), Irvine van der Merwe (Suidooster) en Nadia Valvekens (Diepe Waters) tel onder die heel eerste televisiesterre wat as deel van die nuwe Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie vir hul werk benoem is. 

sepievoorskou Diepe Waters
Nadia Valvekens is vir haar rol in Diepe Waters vir ’n Silwerskermfeestoekenning benoem. Foto: Verskaf

kykNET se Silwerskermfees in Kampsbaai sluit gewoonlik met ’n toekenningseremonie af waartydens die fees se beste films vereer word, maar vanjaar – vir die eerste keer op die fees – word televisie ook vereer. Silwerskermfeesbeeldjies gaan dus ook aan die akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 vir puik televisievermaak gesorg het, uitgedeel word.

Boonop kan televisiekykers ook die toekenningsgeleentheid meemaak.  Die gala-aand, wat op Saterdag, 26 Augustus 2023 by die CTICC in Kaapstad plaasvind, sal die volgende aand (Sondag, 27 Augustus 2023) om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) uitgesaai word. 

Die TV-deel van die Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie strek oor 20 kategorieë. Daarbenewens is daar ook toekennings vir lewensbydraes. Die legendes aan wie daar só hulde gebring word, is die geliefde akteur Cedwyn Joel (wie se Suidooster-karakter, AB, vroeër vanjaar gesterf het), Freek Robinson, wat al vir 40 jaar die hoogste standaard stel en handhaaf in die nuusmedia, en die vervaardiger André Scholtz, wat al meer as ’n halfeeu films maak. 

’n Onafhanklike paneel kundiges bepaal die wenners – behalwe vir die twee kategorieë wat deur kykers besluit word: TV-oomblik van die jaar en Persoonlikheid van die jaar. Kykers kan op die kykNET-webwerf stem. Dié kykerstemme sluit op 31 Julie 2023.

Die TV-oomblikke van die jaar waaruit kykers kan kies is:

At se skielike “dood” in Binnelanders;

– ’n klein knapie se redenasie oor waarom kinders betaal moet word om skool toe te gaan in Kyk wie praat; 

– Dian wat hoor dat hy Plaasjapie gewen het; 

– die Samsodien-troue op Suidooster

– die spanningsvolle kinkel in die kabel in Spoorloos 4: Die Eiland se slottoneel. 

Die vyf moontlike persoonlikhede van die jaar waarvoor kykers kan stem is:

Op My Eish! se Francois Jacobs

– Jonathan Rubain van Koortjies

Die Real Housewives van Pretoria se Kiki La Coco

Die Real Housewives van Pretoria se Mel en Peet Viljoen 

– Nataniël

Edwin van der Walt speel die rol van Braam in Donkerbos.
Edwin van der Walt het ’n benoeming vir sy vertolking as Braam in Donkerbos ontvang. Foto: Verskaf

Onder die ander benoemings staan Hannes van Wyk se vele talente uit. Hy is benoem vir sy spel in ’n komedie (Magda Louw), sy ondersteunende rol in ’n drama (Spoorloos 4: Die Eiland), asook vir sy aanbiederswerk in die leefstylprogram Kwêla. 

Edwin van der Walt het ook bewys dat hy ’n akteur van formaat is met twee benoemings as beste akteur in ’n drama vir sy toneelspel in Fraksie én Donkerbos.

Die benoemings vir die Silwerskermfees se films word eers by die fees aangekondig.

Volledige TV-benoemingslys:

BESTE AKTEUR IN ’N KOMEDIE

BESTE AKTEUR IN ’N DRAMA

BESTE AKTRISE IN ’N DRAMA

BESTE ONDERSTEUNDENDE ROL IN ’N DRAMA

  • Andre Weideman – Dinge van ’n kind
  • Hannes van Wyk – Spoorloos 4: Die Eiland
  • Nicole Holm – Donkerbos
  • Pierre van Pletzen – Fraksie
  • Tinarie van Wyk Loots – Mooiweer en warm

BESTE AKTEUR IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

BESTE AKTRISE IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

BESTE SKURK IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

BESTE NUWELING IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

  • Char Carrie – Suidooster
  • David Viviers – Binnelanders
  • Devonecia Swartz – Arendsvlei
  • Liam Bosman – Diepe Waters

BESTE AANBIEDER IN ’N JOERNAALPROGRAM

  • Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod
  • Ewan Strydom – Bravo!
  • Hannes van Wyk – Kwêla
  • Leah – Duidelik Dapper
  • Lisa van Rooyen – Trend
  • Tracey Lange – Bravo!

BESTE AANBIEDER IN ’N LEEFSTYLPROGRAM

  • Anzél Rabie – Anzél in die Boland
  • Erns Grundling – Elders
  • Gerrie Pretorius – Leef jou reis
  • Henck Conrey – Vat jou goed en trek
  • Jak de Priester – Koppieteefontein
  • Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf
  • Shari Kennedy – Hokaai my meisie

BESTE AANBIEDER IN ’N REALITEITSPROGRAM

  • Bertus Basson –  In Die Sop!  
  • Edrien Erasmus – Groenste Vingers 
  • Ewan Strydom – Plaasjapie 
  • Leandie du Randt – Slank 
  • Marciel Hopkins – Boer Soek ‘n Vrou 
  • Schalk Bezuidenhout – Op My Eish!

BESTE AANBIEDER IN ’N AKTUELE PROGRAM

  • Kabous Meiring – Prontuit 
  • Lourensa Eckard – In Gesprek
  • Mia Spies – Wie’s Nuus? 
  • Theo Vorster – Sakegesprek

BESTE AANBIEDER IN ’N SPELETJIESPROGRAM

BESTE AANBIEDER IN ’N GESPREKSPROGRAM

BESTE AANBIEDER IN ’N BUITELUG-AKTIWITEITSPROGRAM

  • André de Villiers – 4×4 met André
  • Dewald Visser – Mal Kamper
  • Hennie Bosman – Wanderlus
  • Nicole Bosman – Wanderlus
  • Petri de Wet – Hier gaan ons alweer

BESTE AANBIEDER IN ’N KOOKPROGRAM

BESTE EMSEMBLE-AANBIEDERSPAN

  • eNUUS  
  • Fiësta
  • Groot Ontbyt
  • L’at Wiel
  • Huppel in die stap
  • Ontbytsake
  • Oppiestoep
  • Toks & Tjops
  • Tussen Ons
  • Welvaartskeppers

BESTE TV-OOMBLIK VAN DIE JAAR

  • Binnelanders – At is dood
  • Kyk wie praat – Moet kinders betaal om skool toe te gaan?
  • Plaasjapie – Dian se wenoomblik
  • Suidooster – Samsodien-troue
  • Spoorloos 4: Die Eiland – Slottoneel van reeks

PERSOONLIKHEID VAN DIE JAAR

  • Francois Jacobs – Op My Eish!
  • Jonathan Rubain – Koortjies
  • Kiki La Coco – Die Real Housewives van Pretoria
  • Mel & Peet Viljoen – Die Real Housewives van Pretoria
  • Nataniël

BESTE TV-FILM

  • Dina Dagbreek
  • Elsa en Magriet
  • Snuf in die Neus
  • Sonversamelaar
  • Vuurdoop

LEWENSBYDRAE

  • Cedwyn Joel
  • Freek Robinson
  • André Scholtz

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies