Menu terloops
In Features [15 Mar 2022]

Silwerskermfees 2022: Dís hoe jy aanlyn kan kyk


Vanjaar se Silwerskermfees vind vanaf 23 tot 26 Maart plaas en word ook aanlyn aangebied. Hier is hoe jy deel van die fees kan wees.

Registreer en kyk saam

Silwerskermfees 2022: Dís hoe jy aanlyn kan kyk

Eers ’n kortfilm, toe ’n toneelstuk en nou ’n vollengte speelfilm: Beurtkrag, met Donnalee Roberts en Ivan Botha in die hoofrolle, is ’n goeie voorbeeld van hoe die Silwerskermfees as ’n wegspringplek vir projekte kan dien. Sewe jaar nadat dit as ’n kortfilm uit die pen van Stiaan Smith in die 2015-fees vertoon is, première dit eersdaags by die tiende Silwerskermfees. Vanjaar se fees word vanaf 23 tot 26 Maart aangebied en boonop neem dit ’n hybrid-vorm aan. Dié formaat is soortgelyk aan hoe groot feeste soos SXSW die uitdagings van die Covid-19-pandemie die hoof gebied het. Want, soos julle weet, the show must go on

Die Silwerskermfees vind dus op twee plekke terselfdertyd plaas – in die Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad en op die Silwerskermfees-webwerf, waar dit regstreeks gestroom kan word. Dink byvoorbeeld aan DStv Online live-opsie – dis dieselfde beginsel.

’n Eenmalige registrasiefooi vir die virtuele fees, wat oor vier dae strek met etlike plaaslike premières,  beloop R190. Die inkomste hieruit word aan die Tribuo-fonds, wat hulp aan kunstenaars in finansiële nood bied, geskenk.  Toegang tot die in-persoon premières is weens Covid-19-regulasies, beperk. Filmgangers in Kaapstad het ook die opsie om kaartjies te koop vir vertonings van Beurtkrag, Gaia, Indemnity en Stiekyt by Ster-Kinekor in Tygervallei.

Registrasie op die Silwerskermfees-webwerf is reeds oop – dis ’n blitsvinnige en maklike proses met stap-vir-stap instruksies. 

Wat wys?

Vanjaar se program sluit nege rolprente in wat meeding om die gesogte Silwerskermfees-toekennings. Daar is ook 17 kortfilms wat met die ondersteuning van kykNET en die Silwerskermfees vervaardig is. Hoewel die speelfilms in kompetisie tydens vorige Silwerskermfeeste uitsluitlik rolprente was wat hul wêreld- of Suid-Afrikaanse debuut by die fees gemaak het, sluit vanjaar se program ook rolprente in wat deur kykNET en M-Net befonds is, maar reeds in teaters of op DStv se BoxOffice vrygestel is omdat die fees weens Covid-19 uitgestel moes word. Dit sluit Kaalgat Karel, Klein Karoo 2 en vanjaar se amptelike Suid-Afrikaanse Oscar-inskrywing in die kategorie beste internasionale film, Barakat, asook ’n rits kortfilms, in.  

Vanjaar se kortfilms, wat deel vorm van die projek om jong filmmakers se talent te slyp, sluit films in ’n verskeidenheid genres in. Uiteenlopende temas word verfrissend aanpak. In ’n paar van die kortfilms bevind karakters hulself op die verkeerde tyd op die verkeerde plek – altyd ’n goeie resep vir ’n sielkundige riller met ’n kinkel in die kabel. Dan is daar ook ongewone aksiehelde op ongewone missies in twee van die kortfilms. ’n Post-apokaliptiese wetenskapsfiksie-kortfilm in Afrikaaps is ’n eerste op die fees, terwyl swangerskap en ander sosiale kwessies uit nuwe hoeke belig word. Gesinsverhoudings – veral dié tussen ouers en hul kinders – word met ’n anderste benadering getakel. 

Die kompetisie-program sluit in:

Vollengte films in kompetisie

LEES HIER vir volledige opsommings en die lokprente van die dié rolprente:

  • Beurtkrag – 23 Maart om 17:30
  • Indemnity – 23 Maart om 20:00
  • Down So Long – 24 Maart om 17:30
  • Stiekyt – 24 Maart om 20:00
  • Vlugtig – 25 Maart om 17:30
  • Gaia – 25 Maart om 20:00

Kortfilms in kompetisie

LEES HIER vir volledige opsommings en die lokprente van die dié rolprente:

Groep 1 – 23 Maart, 15:00-16:30

  • Vrywater
  • Katvis
  • Nagvoël
  • Die vegan en die jagter

Groep 2 – 24 Maart, 10:15-11:30

  • Baber 
  • Bennie Bingo
  • Leemtes en leegheid

Groep 3 – 24 Maart, 15:30-16:35

  • Sporadies nomadies 
  • Skyn
  • Bergie

Groep 4 – 25 Maart, 10:30-12:00

  • Verstikking
  • Bittersoet
  • Twintig tone in ‘n hangkas 
  • Die groensone

Groep 5 – 25 Maart, 15:00-16:30

  • Aan-Af 
  • Die Horries
  • My beskermer
  • Net ons

En wat nog?

Benewens die speel- en kortfilms is daar ook industrie-gesprekke om mee te maak. Daar sal ook vraag-en-antwoordsessies met die vervaardigers en sterre van die rolprente wees ná afloop van elke speelfilmvertoning. 

Die volledige program vir die tiende Silwerskermfees, insluitend speeltye vir bestaande werke en gesprekke, is op die fees se webwerf beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies