Menu terloops

Silo S1

Op Ander [Gepubliseer op 5 Mei 2023]


Dié Apple TV+-reeks is gegrond op die ‘Silo’-boeke deur die skrywer Hugh Howey. 

Silo S1
Kyk lokprent

Silo vertel die verhaal van die laaste 10 000 mense op aarde. In dié verbeelde toekoms het die wêreld in duie gestort en die oorlewendes woon in ’n reuse ondergrondse silo. Die wêreld buite die silo is dodelik. Giftig, leer ons. Dié distopia se geheime lê egter so diep verborge soos die honderde vlakke van die silo waar mense “leef” in ’n samelewing met reëls wat hulle glo in hul beste belang is. Maar is al die reëls en regulasies regtig om hulle te beskerm? Niemand weet immers wanneer of hoekom dit gebou is nie en noodlottige gevolge wag op diegene wat te veel vrae vra.

Rebecca Ferguson speel Juliette, ’n ingenieur wat antwoorde soek oor ’n geliefde se dood en dan binne-in ’n maalkolk van leuens en raaisels beland. Ook in die rolverdeling tel onder andere Rashida Jones, Tim Robbins, David Oyelowo.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige boeke deur die skrywer Hugh Howey. 

Vanaf Vrydag, 5 Mei 2023, op Apple TV+ beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies