Menu terloops
In How-to's [15 Jan 2024]

Showmax 2.0: Meer vir minder


Showmax trek ’n nuwe, blinker, baadjie aan met die stromingsdiens se nuwe app – en nuwe lidmaatskapopsies vir kykers – wat vanaf 23 Januarie 2024 beskikbaar sal wees. Hier is wat jy moet weet.

Showmax 2.0: Meer vir minder

Die “nuwe” Showmax spog met ’n nuwe look en feel, ’n nuwe app, asook ’n vergrote aanbod teen ’n laer prys as vantevore. Dít kom sowat tien maande ná ’n vennootskap tussen Showmax en Comcast se NBCUniversal en Sky.

Showmax sal dus voorts gebruik maak van Comcast se Peacock-stromingsplatform. Met onder meer Telemundo, Focus Features, DreamWorks Animation, NBC en Peacock onder die Comcast-sambreel, het Showmax ook toegang tot van die beste inhoud op die mark. Dié lineup sluit in Fast X, Wes Anderson se komediedrama Asteroid City; NBC se reeks The Irrational en die Peacock-komediereeks Killing It met Craig Robinson. 

Ook te siene op dié platform vanjaar is die nuwe seisoene van die HBO-reekse House of the Dragon, The Last of Us, en The White Lotus

Kies een van dié opsies

Intekenare sal uit verskeie planne kan kies:

  • Showmax Entertainment teen R89 per maand. Dit sluit álle inhoud in, laat twee gelyktydige stromings toe en is in hoë definisie beskikbaar. 
  • Showmax Entertainment Mobile teen R39 per maand. Dié opsie is vir mobiele gebruik in standaarddefinisie. 
  • Showmax Premier League teen R69 is ook net vir mobile gebruik in standaarddefinisie.
  • Gemengde pakkette vanaf R99 per maand (byvoorbeeld Showmax Entertainment Mobile + Showmax Premier League)
    Showmax 2.0
    Showmax 2.0
    Showmax 2.0

    Showmax Premier League is die eerste selfstandige stromingsdiens wat die Engelse Premierliga aanbied met al 380 wedstryde wat regstreeks uitgesaai sal word. 

    Luidens ’n mediaverklaring maak bekostigbaarheid ’n allerbelangrike deel van Showmax se sakeplan uit om dan uiteindelik die top-stroomplatform in Afrika te word. Omdat die koste van data een van gebruikers se grootste kommernisse is, is daar glo ook planne in die pyplyn om spesiale pryse en pakkette vir gebruikers te beding. 

    Die nuwe app is vanaf 23 Januarie 2024 beskikbaar met huidige gebruikers wat stelselmatig na die nuwe platform oorgeskuif sal word. Na verwagting sal die nuwe Showmax teen 12 Februarie 2024 ten volle uitgerol wees. 

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    8

    ‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

    Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

    Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

    Meer

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

    Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

    Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

    Meer
    Sien alle opsies