Menu terloops

Shaka iLembe

Op DStv [Gepubliseer op 18 Jun 2023]


‘Shaka iLembe’ is ’n geskiedkundige dramareeks wat die verhaal van die ikoniese Zoeloekoning, Shaka, vertel.

Kyk nou

Shaka iLembe
Kyk lokprent

In Mzansi Magic se Shaka iLembe word ’n fiktiewe interpretasie van die historiese gebeure rondom die Zoeloekoning, Shaka, se opkoms en heerskappy uitgebeeld. 

Die rolverdeling sluit in Lemogang Tsipa as die volwasse Shaka, die nuweling Ntando Zondi as jong Shaka en Nomzamo Mbatha as koningin Nandi. 

Shaka iLembe is al ses jaar in wording met die verfilming wat dan uiteindelik in 2022 begin het. Hoewel die vertelling fiksie is, is ’n verskeidenheid kenners en historici, asook familie-afstammelinge, waaronder wyle koning Goodwill Zwelithini, en die voormaligte IVP-leier, Mangosutho Buthelezi, geraadpleeg om die reeks so outentiek as moontlik te maak. 

Luidens ’n mediaverklaring is die reeks die grootste plaaslike produksie wat die Mzansi Magic-kanaal (161) al onderneem het. Die reeks bestaan uit 12 episodes.


Weeklikse episodes van Shaka iLembe vanaf Sondag, 18 Junie 2023, om 20:00 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies