Menu terloops

Shaka iLembe

Op DStv [Gepubliseer op 18 Jun 2023]


‘Shaka iLembe’ is ’n geskiedkundige dramareeks wat die verhaal van die ikoniese Zoeloekoning, Shaka, vertel.

Kyk nou

Shaka iLembe
Kyk lokprent

In Mzansi Magic se Shaka iLembe word ’n fiktiewe interpretasie van die historiese gebeure rondom die Zoeloekoning, Shaka, se opkoms en heerskappy uitgebeeld. 

Die rolverdeling sluit in Lemogang Tsipa as die volwasse Shaka, die nuweling Ntando Zondi as jong Shaka en Nomzamo Mbatha as koningin Nandi. 

Shaka iLembe is al ses jaar in wording met die verfilming wat dan uiteindelik in 2022 begin het. Hoewel die vertelling fiksie is, is ’n verskeidenheid kenners en historici, asook familie-afstammelinge, waaronder wyle koning Goodwill Zwelithini, en die voormaligte IVP-leier, Mangosutho Buthelezi, geraadpleeg om die reeks so outentiek as moontlik te maak. 

Luidens ’n mediaverklaring is die reeks die grootste plaaslike produksie wat die Mzansi Magic-kanaal (161) al onderneem het. Die reeks bestaan uit 12 episodes.


Weeklikse episodes van Shaka iLembe vanaf Sondag, 18 Junie 2023, om 20:00 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies