Menu terloops

Shadow and Bone S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 16 Mar 2023]


Die fantasiereeks ‘Shadow and Bone’ is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo gegrond. 

Shadow and Bone S1-2
Kyk lokprent

In die tweede seisoen van Shadow and Bone slaan Alina Starkov op vlug. Terwyl sy vir sommige ’n baken van hoop is, sien ander haar eerder as ’n verraaier wat vasgetrek moet word. 

Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. 

In die eerste seisoen het ons vir die jong, dapper Alina (Jessie Mei Li) – ’n weeskind wat later ’n kartograaf in die Ravka-weermag word – ontmoet. Maar toe vind sy uit sy is ’n Grisha – iemand met spesiale magte of vermoëns – en dat sy glo ook sommer die ene “Sun Summoner” is wat Ravka van die duistere en dodelike “Shadow Fold” en sy monsters moet red. Soos dié nuus versprei, blyk dit dat nie almal haar as ’n redder sien nie. Met haar lewe op die spel, is daar byna niemand wie sy kan vertrou nie. Dis nou behalwe vir Mal (Archie Renaux), haar beste vriend van kindsbeen af in die weeshuis. 

In die tweede seisoen is Alina steeds vasbeslote om Ravka van ondergang te red terwyl sy en Mal ook uit die bose Generaal Kirigan (Ben Barnes), óftewel The Darkling, se kloue probeer bly. 

Die tweede seisoen is vanaf 16 Maart beskikbaar om op Netflix te stroom. Die eerste seisoen is ook op Netflix beskikbaar. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies