Menu terloops

Sex Education S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 21 Sep 2023]


Nie net het ‘Sex Education’ ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hier verbaas en geblom. 

Sex Education S1-4
Kyk lokprent

Sex Education skroom nie om met aanvaarding stories oor byvoorbeeld gay verhoudings, non-binary en queer karakters, seksuele plesier, seksuele aanranding, en soeke na identiteit van welke aard te vertel nie.

Dit draai meerendeels om ’n groep tienervriende en -frenemies wat midde hul seksuele ontwaking verkeer. Dis ’n helse ontdekkingsreis – ewe veel vir die kyker as vir die karakters wat probeer om hul tienerbestaan te oorleef. Die humor is ingebou in die skerp dialoog met net genoeg van ’n bar ondertoon om dit relevant en real te hou. 

Maar die vierde seisoen van dié reeks is ook sy laaste. Snik! Nie net het die reeks ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hier verbaas en geblom. 

Die nuwe seisoen tel op met geliewe Maeve (Emma Mackey) in Amerika en die ou hoërskool finaal gesluit ná die etlike (etlike!) skandale van die vorige seisoene. Otis (Butterfield) en sy vriende moet nou hul voete in ’n nuwe skool vind… Maar hier ontdek hy dat hy nie die enigste amateur sex therapist op kampus is nie. Eintlik ervaar al die voormalige Moordale-leerders, insluitend Otis se bestie, Eric (die ongelooflike Ncuti Gatwa), kultuurskok as hulle by die nuwe skool aanland. Dinge is omtrent anders. Van jogaklasse tot ’n groep gewilde leerders wat cool is omdat hulle nice is. (Who knew?!).


Al vier seisoene van Sex Education is nou op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies