Menu terloops
In Sepies [2 Jul 2023]

Sepievoorskou: Wie leer uit hul foute (of nie…) in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’?


Ons het die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne. Wat kan jy hierdie week (3 tot 7 Julie 2023) op ‘Diepe Waters’, en ‘Suidooster’ verwag?

Sepievoorskou: Wie leer uit hul foute (of nie…) in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’?

Diepe Waters 

Die dood van ’n kind toets selfs die sterkste verhoudings, wat nog te sê as jy twee kinders aan die dood afstaan. Anja (Reandi Grey) en Roussouw (Altus Theart) se verhouding gaan óf sterker word óf heeltemal breek, ná hulle ’n tweede swangerskap verloor. Maar dalk was hierdie kind ’n geskenk van God om die sussies se band te versterk. 

Terwyl Anja en Sanet (Nadia Valvekens) se verhouding floreer, knyp Karla (Daniëlle Swanepoel) die kat in die donkerte. Sy is nie die eerste familielid om dit te doen nie, so dalk is dit die Swarts-familie se toxic trait? Maar helaas lyk dit nie asof sy uit die volwassenes om haar se foute geleer het nie. Só iets bly immeres nooit lank ’n geheim nie… 

Ten minste het Jacques (Werner Coetser) wél uit sy foute geleer en hardloop onmiddellik na sy pa toe as hy dié week skoknuus ontvang. Hy het al sy kop in die naam van liefde gestamp, maar sal geskeidenis homself herhaal of sal Jacques teen die versoeking kan veg? 

Nina (Reze-Tiana Wessels) wil met haar ma oor vroumens-dinge praat, maar Rose (Eloise Cupido) is te besig om haar image te verander. Tsepho (Johnny Potsanyane) oortuig vir Nina om ’n blaaskans te neem en om die vakansie te geniet, maar iets gebeur wat haar toekomsplanne en drome kan beïnvloed.  

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online

Suidooster

Ons almal weet dat Irvine van der Merwe, wat die rol van Nazeem vertolk, ’n briljante akteur is. Nazeem wat sy lyf akteur hou met sy act as die sjarmante Ezra is egter op ’n heel ander level. Sonder om self ’n vinger te lig, is Nazeem stadig besig om die Octobers te saboteer.  

Hy speel arme Rita (Illse Roos) soos ’n viool en sy vertrou hom sonder twyfel met blinde geloof. Die kinders word dié week weer in twee geskeur en moet weereens tussen Rita en Bridgette (Denise Newman) kies. Wie sal dié week se battle in die geveg na mag wen? Nazeem het Rita presies waar hy haar wil hê, terwyl Ezra die geliewe Bridgette se bors warm van woede maak. Rita weet nie meer wat om te glo nie en is oortuig daarvan dat sy weer besig is om haar varkies te verloor. 

Mrs J (Theresa Sedras) se bloed kook ook. Maar haar woede is teen die gemeentedief, Orpa (Marisa Drummond), gemik. Siya (Gantane Kusch) se gemoed sukkel. Die lyk asof hy met sy nuutste plan om sy gemeente oor te haal, eerder tien tree agtertoe vir elke twee tree vorentoe neem. 

Dit terwyl die manne van die buurtwag hul plan in werking gestel het om die vroue af te skrik. Want net mans is mos sterk en macho genoeg om die buurtwag te join. Of so dink hierdie spul! 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies