Menu terloops
In Sepies [20 Aug 2023]

Sepievoorskou: Wie betaal duur vir hul foute in ‘Arendsvlei’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’?


Beloftes maak skuld. En as jy nie daarby hou nie, kan dit verhoudings én vriendskappe vernietig… Hier is waarna jy dié week (21 tot 25 Augustus) op ‘Diepe Waters’, ‘Arendsvlei’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Wie betaal duur vir hul foute in ‘Arendsvlei’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’?

Arendsvlei 

Ek het altyd gedink Aspoestertjie het dit erg gehad, maar in Beatrice (Jolene Martin) se geval het sy met ’n evil stiefkind te doen. Dit is geen geheim dat Abigail (Talia Davis) nie van Beaty hou nie, maar dinge raak dié week warm tussen die twee. Clint (Clayton Evertson) beter sy undercover skills op sy dogter gebruik, want Abigail is allesbehalwe ’n engel. Sy herinner my eintlik aan Isabelle Fuhrman se donker karakter in die Hollywood-riller Orphan. Of dalk is sy Arendsvlei se eie Wednesday Addams. Dié kind kom ewe morbied voor en, soos Wednesday, het ek haar nog nie een keer regtig sien glimlag nie. Sy het altyd ’n suur uitdrukking op haar gesig. 

Shame, dit lyk asof arme Beaty skoon bang is om in haar eie vreugdevolle huis asem te haal. As ek sy is, slaap ek met een oog oop en Clint se arms styf om my gedraai. Sulke donker energie is nie goed vir ’n mens se aura nie. 

Intussen is Whalied (Bobby Stuurman) en Ayesha (Megan Saayman) se groot dag om die draai en is dit all hands on deck om dit Arendsvlei se troue van die jaar te maak. 

Ongelukkig weet Whalied nie wat op hom wag nie. Sy suster se besluite en onvervulde beloftes het uiteindelik vir haar ingehaal en nou moet Eva (Devonecia Swartz) een van die moeilikste besluite van haar lewe maak.  

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Suidooster

So gepraat van besluite, dit is amper tyd vir die beoordelaar om te besluit wie die wenner van die Kaapstad Vrou van die Jaar-kompetisie gaan wees. Die kloue is dié week uit met beide Bridgette (Denise Newman) en Mymoena (Jill Levenberg) wat dié gesogte titel soek. 

Mymoena het nog nou die dag gerou, maar lyk my goeie kompetisie kan enigiemand van hul ander uitdagings laat vergeet. Of dié twee se vriendskap die mededingendheid sal kan oorleef weet ek nie, maak hulle staan ’n beter kans as Carlo (Jadon Booysen) en Brendan (Caleb Arnolds). 

Tieners se hormone is ’n lelike ding en laat jou simpel goed doen. Dié voormalige besties is besig om mekaar te vernietig en niks goeds kan van dit kom nie. Die Thuli- en Daniels-gesinne beter vinnig intree en die manne regruk voordat dinge te ver gaan. 

Aiden (Theodore Jantjies) vind ook ’n slim manier om van sy ekstra Wêreldbekertoernooi-kaartjies ontslaan te raak en dit maak vir groot sport in Ruiterbosch. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Diepe Waters 

Iemand ontdek Charity (Dané de Waal) se geheim en besluit om haar geheime ridder op ’n wit perd te wees. Maar is Charity gans te trots om hulp te aanvaar? 

Met Nina (Reze-Tiana Wessels) in die hospitaal, dwing dit vir Karla (Daniélle Swanepoel) om terug stad toe te jaag, maar nie almal is bly om vir Arno (Jean Henry) te sien nie. 

Lettie (Stephanie Baartman) se verlede en besluite het haar in warm water laat beland. Sy is egter vasbeslote om haar Italian stallion terug te wen en kry dan ’n bietjie bystand met dié uitdaging. 

Rose (Eloise Cupido) neem ook ’n drastiese besluit nadat omstandighede haar dwing om dieper na haar gesinslewe en toekoms te kyk. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies