Menu terloops
In Sepies [28 Des 2024]

Sepievoorskou: Vir wie is ’n tweede kans beskore in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’?


Die nuwe jaar bring nuwe uitdagings vir ons sepiekarakters… maar nie almal word ’n nuwe begin gegun nie. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die kinkels wat vandeesweek op kykers wag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Vir wie is ’n tweede kans beskore in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’?

Hier is waarna jy hierdie week (30 Desember 2024 tot 2 Januarie 2025) op Suidooster, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien. 

Suidooster 

Angie (Char Carrie) en Siya (Gantane Kusch) besluit om die volgende stap in hul (regte) verhouding te neem. Dit is beslis ’n situasie van life imitating art – ek sou voorheen nooit hierdie twee as pasmaats kon verbeel nie, maar tog kan ek nou sien hoe goed hulle vir mekaar is. 

Riaan (Daniel Coetzee) is besig om in ’n lokval te trap, maar hy wil nie na sy mense luister nie. Hanli (Celeste Loots) wil hom van sy mense wegneem, maar sy reaksie gaan almal verras. 

Dan loop almal ook nog lang draaie om Bianca (Simone Biscombe)… En ek blameer hulle nie, want sy sien op die oomblik net rooi. Jy gaan beslis sleg tweede kom as jy nou met haar sukkel. 

Wade (Dean Smith) sukkel om kalm te bly, maar daar is goeie rede daarvoor.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Diepe Waters 

René (Marijke Coetser) is geskok wanneer nog iemand uit haar verlede in Boskruin vir die feestyd opdaag. Dit beteken alles behalwe ’n gelukkige begin van 2025 vir haar. 

Sanet (Nadia Valvekens) probeer almal troos, maar besef sy het een van die grootste foute gemaak toe sy Candy in hul lewens toegelaat het. 

Rossouw (Altus Theart) wag om te hoor wat Anja (Reandi Grey) se toekomsplanne is – en of dit hom insluit – maar as ek hy was sou ek nie my asem ophou nie. Jacques (Werner Coetser) se toekoms met Theresa (Mandi Baard) is ook besig om te verbrokkel en hy sukkel om dit te aanvaar. Dié broers wil albei die nuwe jaar met die liefdes van hul lewe ingaan, maar vir wie is dit moontlik en wie nie? 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond 

Iets gebeur in Tillie (Deirdre Wolhuter) se huis wat alles gaan verander. Dit gaan haar huishouding én Everlasting ruk… maar hoe gaan sy dit verduidelik? En haar seun is terug, maar teen watter prys? Iets sê vir my hy is ons volgende groot vark in die verhaal. Dalk amper so erg soos Christine (Devonecia Swartz). 

Gloria (Hunter Plaatjies) erken nie meer haarself nie en sy is nie die enigste een nie. Maar hoe gaan sy uit haar nagmerrie ontsnap? Sy moet maar ’n paar tips by Tillie vang, want Christine is immers niemand se rolmodel nie. Die Louws het op die oomblik genoeg probleme, maar dit keer haar egter nie. 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies