Menu terloops
In Sepies [25 Jun 2023]

Sepievoorskou: Verrassings bring hoop én hartseer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Daar is goeie én hartverskeurende nuus vir ons sepiekarakters dié week. Ons het die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (26 Junie tot 30 Junie 2023) op ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verrassings bring hoop én hartseer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Diepe Waters 

Maak nie saak hoe graag ’n mens van die verlede wil aanbeweeg nie – soms is dit net nie moontlik nie. Die verlede kan inderdaad jou hede gyselaar hou, en selfs jou toekomsdrome heeltemal vernietig. Anja (Reandi Grey) en Roussouw (Altus Theart) bereik ’n groot mylpaal in hul verhouding, maar so vinnig as wat die geluk gekom het, word die mat wreed onder hul voete uitgeruk. Wanneer niemand anders beskikbaar is nie, kom Sanet (Nadia Valvekens) tot haar suster se redding en dit mag dalk net die ding wees wat die brug tussen hierdie twee vervreemde susters herbou. 

Terwyl Sanet en Anja probeer versoen, lyk dit elke week asof die deur tussen Jacques (Werner Coetser) en sy pa, die mighty Gys Swarts (Justin Strydom), al stywer toegedruk word. In hierdie stadium sal Noag vinniger ’n tweede ark kan bou voordat die wêreld vergaan, as wat die bande tussen dié pa en seun herstel kan word. 

Nina (Reze-Tiana Wessels) het net een ding op haar brein: Amerika. Dit het weer ’n hele ander lot emosies in Tsepho (Johnny Potsanyane) wakker gemaak. Soveel karakters in Diepe Waters sou kon baat by terapie, maar hierdie spul mense is mos te trots om hul probleme op ’n volwasse manier aan te spreek. O, nee. Tsepho haal eerder sy abandonment issues op Nina uit. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster 

Die Ruiterbosch-gemeenskap begin uiteindelik deur Orpa (Marisa Drummond) se skynheiligheid sien. Seën die Here vir dit! Ek raak letterlik siek elke keer as ek vir Orpa hoor praat. So vals kan mens regtig nie wees nie en almal word deur haar valse goeie dade beïnvloed.

Orpa gee Siya (Gantane Kusch) nog ’n groot klap deur die gesig dié week. Siya werk oortyd om sy gemeente terug te wen, maar Orpa die slang seil heeltyd twee meters vooruit. 

Ongelukkig is Bridgette (Denise Newman) ook altyd tien treë agter die slinkse Nazeem (Irvine van der Merwe). Hy speel haar teen Ruiterbosch se ander leeuwyfie, Rita (Illse Roos) af. Die kinders trek weer dié week swaar en word weer gedwing om tussen die twee te kies. Nazeem is heerlik besig met die volgende deel van sy nuutste plan om die Oktobers te sink. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders 

’n Onverwagse gas daag op Liam (David Viviers) se stoep op met ’n baie belangrike stukkie ys. Elise (Lindie Stander) kry skokkende nuus wat haar vir haar lewe laat vrees. Tyd is nie aan Steve (Clint Brink) se kant nie, maar kan Danny (Bradley Olivier) betyds gered word?

Kyk Binnelanders op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies