Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Apr 2025]

Sepievoorskou: Die verlede kom spook in ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’


Benoude katte maak benoude spronge dié week en dit is die oënskynlik onskuldige jongmense wat almal om hulle bedrieg! Lees ons sepievoorkou vir meer oor die drama wat vandeesweek op kykers wag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die verlede kom spook in ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’

Hier is waarna jy hierdie week (7 April tot 11 April) op Suidooster, Diepe Waters, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Binnelanders

Ek sal altyd ’n nice guy champion, maar Joe (Roberto Kyle) kan soms sy eie grootste vyand wees. Omdat hy vir almal en alles rondom hom wil uitkyk, beland hy dié week in ’n situasie wat sy eie loopbaan skade gaan doen. Ek gee ook baie vir my medemens om, maar ek sal nie soos Joe myself benadeel om die vrede te bewaar nie. Danksy hul onlangse krapperige verhouding, kon ek sien hoe Nicolette (Kate Roothman) haarself moes inhou, al het sy in die stilte seker lekker gekry toe dáái met Joe gebeur.

Shame, ek voel vir hom. Joe probeer altyd die regte ding doen, maar iemand in die heelal werk teen hom… Só kan jy nie altyd aan die gatkant beland nie! Selfs dié wat uit sy goedheid baat, draai dan nou teen hom! En selfs LJ (Julian Robinson), wat altyd besig is om dinge uit die verlede te krap, kom met meer as Joe weg. 

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Skemergrond

As jy in die verlede gaan krap, beter jy gereed wees vir wat jy gaan vind. Ek dink nie Amber (Talia Davis) is gereed vir dit wat kom nie. My maag draai sommer as ek daaraan dink. Kirby (Chanté Grainger) is darem slinks, jong! Sy dink baie vinniger op haar voete as wat ek sou. Sy doen iets hierdie week wat Amber en Lily (Hildegardt Whites) se verhouding ernstig gaan toets.

’n Ma en dogter se verhouding is spesiaal, maar selfs die sterkste verhoudings kan onder sulke leuens knak. Kom ons hoop Lily eet wakker pies, want sy is op die regte spoor. Sy weet dit net nie! Maar Amber is ook, en dít is ’n bom wat wag om te bars. Ek dink nie die liefdevolle Louw-gesin gaan nog ’n geraamte in die kas kan oorleef nie.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Nie almal is goed en skerp met leuens nie. Pam (Tracey-Lee Oliver) mag dalk nie haar ma se grootste aanhanger wees nie, maar sy ken haar ma! Ek het darem lekker gelag vir Zelda (Sandi Schultz) 2.0 hierdie week. Niemand wil ’n skurk back nie, maar daar is nou maar net een Zelda. Ek is glad nie ’n aanhanger van Hilda (ook Sandi Schultz) nie. Sy mag dalk Zelda se ewebeeld wees, maar sy het beslis nie haar finesse, smaak en style nie. Sy is ook nie so slinks nie. En die feit dat sy so hard probeer, maar glad nie slaag nie, is juis wat vir soveel sports sorg.

Diepe Waters, April hoogtepunte
Zelda en Zelda 2.0/Hilda… Foto: Verskaf

Ek het nooit gedink ek sou ooit vir Zelda opkom nie, maar ek wag in spanning vir ’n Zelda-takedown soos net sy kan. Pam is soos ’n pit bull op Hilda en Kelsey (Robyn Rossouw) se spoor en Gys (Justin Strydom) se plan was genius hierdie week. Kelsey gaan nog spyt wees dat sy vir Pam so vlak aangekyk het. Pam lyk maar soos ’n poppie, maar moet haar nooit onderskat nie!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Carlo (Jadon Booysen) is my grootste teleurstelling vanjaar! Hoe kan jy dít aan jou ma doen. Lee-Ann (Portia Joel) het baie meer geduld as ek, want ek sou die mannetjie ná daai stunt uit my huis geskop het.

Siya (Gantane Kusch) kan regtig trots wees op sy seun! Dit het groot guts gevat om ’n tjommie so in die rug te steek. Maar dit wys ook hoeveel hy vir Carlo omgee. Lee-Ann se volgende move gaan belangrik wees, want dit gaan die verskil maak tussen ’n seun wat soos Brendan (Caleb Arnolds) of Nazeem (Irvine van der Merwe) gaan uitdraai. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies