Menu terloops
In Sepies [23 Mar 2025]

Sepievoorskou: Snesies én sjampanje in ‘Skemergrond’, jong liefde blom in ‘Diepe Waters’


Een sepiekarakter word deur sy beste tjomma in die rug gesteek, terwyl twee ander met hul lewens boet. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat oor die volgende paar dae op kykers wag. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Snesies én sjampanje in ‘Skemergrond’, jong liefde blom in ‘Diepe Waters’

Hier is waarna jy hierdie week (24 tot 28 Maart) op Suidooster, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien. 

Skemergrond

Hulle sê mos onkruid vergaan nie en dieselfde kan van Beeno Beukes (Duncan Johnson) gesê word. Die Gemoedsdrif-gemeenskap vind uit dié booswig lewe toe nog ná die skietgeveg op Everlasting. Ongelukkig is dit geensins gelukkige nuus vir almal nie. ’n Meer roerende én hartverskeurende toneel het ek lanklaas gesien. Die gemeenskap het groot makietie gehou om die Cloetes te groet, maar toe Beeno as ’n ongenooide gas daar opdaag, het dinge ’n wilde draai geneem. Hierdie toneel het sonder ’n enkele stukkie teks so baie gesê en emosies wakker gemaak. Die skrywers het hulle waarlik met dié toneel oortref. Julle gaan maar die tissues én die vonkelwyn moet naby hou, want mense se emosies is maar all over the show met hierdie week se episodes. Jy gaan dit nie wil mis nie. Dit is iets waarvoor ons as kykers al lankal wag, maar hoe dít dan uiteindelik ontvou, gaan jou onkant vang. 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Ek weet nie hoeveel keer mense dit moet hoor nie, maar ’n mens meng eenvoudig nie besigheid met plesier nie. Ook nie apps en regte vriende nie! Tegnologie kan ’n seëning of ’n vloek wees en ongelukkig is Ruiterbosch hierdie week verdeeld danksy ’n paar snaakse verwikkelinge met Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) se gewilde nuwe app. Dit plaas die boesemvriende se vriendskap weer in ’n ongemaklike posisie, maar selfs ek het gedink dat Justin dié keer te ver gegaan het. Ek sou presies soos Gary gereageer het – nee wag, eintlik was hy nogal heel nice in vergelyking met hoe ek sou reageer het! Maar julle moet maar self kyk om te sien of julle met Gary of Justin saamstem. Solank ek nie in Lee-Ann (Portia Joel) se skoene hoef te wees nie… Om tieners groot te maak is beslis nie speletjies nie. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Diepe Waters

Verhoudings is ’n groot tema hierdie week in Diepe Waters en daar is niks lekkerder as ’n onbeplande love triangle nie. Jong liefde kan ongemaklik wees en dit sien ’n mens duidelik hierdie week in tonele soos dáái ongemaklike toneel op die bank met Karla (Danielle Swanepoel) en Lucas (Caleb Swanepoel). Karla kan haar net nie inhou as sy rondom Lucas is nie, maar hoekom begin ek dan nou twyfel of hy regtig dieselfde voel? En moenie worry nie, derde wiel Juvan (Christiaan Ackerman) se hart is nie meer so seer nie. Kyk maar vir hom en Nina (Reze-Tiana Wessels) by die Swartmarlyne se partytjie van die jaar…. Maar hulle is nie die enigste mense wat ’n vibe by dié partytjie vang nie. Nog twee paartjies gee heavy vibes, terwyl elkeen ook ’n onverwagte derde wiel bykry! Hier kom ’n paar weke van groot sport, hoor wat ek vir julle sê!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies