Menu terloops
In Sepies [8 Jun 2025]

Sepievoorskou: Skurke, skandes en sondes in ‘Skemergrond’, ‘Suidooster’


Een verhouding vat vlam, twee misluk en ’n ou gesig laat die monde oophang. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op kykers wag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Skurke, skandes en sondes in ‘Skemergrond’, ‘Suidooster’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (9 Junie tot 13 Junie) in Skemergrond, Binnelanders en Suidooster kan uitsien.

Skemergrond 

Nes onkruid nie vergaan nie, so sal die Louws ook nooit van Christine (Devonecia Swartz) ontslae kan raak nie. Ek het regtig gehoop Sonja (Lee-Ann van Rooi) maak die regte besluit, maar lyk my Christine kry ook altyd wat sy wil hê en daardie klein hoop wat sy verlede week gehad het, dra klaarblyklik baie krag! 

Ek weet nie wie meer kwaad was nie – die Louws op die plaas of ek voor my skerm toe sy met haar wannabe happy farmer-uitrusting in hul kombuis verskyn nie. Daardie hele toneel gaan kykers se bloeddruk lekker opstoot, en met goeie rede! Dié skurk het ook geen selfbeheer nie en dit was duidelik te sien tydens daardie ongemaklike gesprek tussen haar en haar suster in die hotelkamer. As ek Manny (Dirk Stoltz) was, het ek regtig vir Christine uit my hotel gegooi. 

Maar lyk my die hotel is ook maar die plek vir gebroke mense, want nog ’n gas laat almal die week met groot paniek rondhardloop.  Ek het regtig gedink hier kom nog ’n sterfte op Gemoedsdrif! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Die Samsodien-familie is weer die hoogtepunt van hierdie week. Wanneer dit by drama kom, is dié familie regtig the gift that keeps on giving. Toe daardie ou gesig by JPD opdaag, moes ek nes Rhafiek (Irshaad Ally) ’n double-take doen. My mond het op die grond gehang en syne ook! 

Dit is die oomblik waarvoor kykers al maande wag. Ons was nie seker of dit gaan gebeur nie, maar hier is dit nou en julle gaan dit nie wil mis nie. Dit was so ongemaklik en cringy soos wat almal verwag het. Toe die res van die familie en Oos-Wes vir haar sien, was dit net só ’n ongemaklike reünie. En dít asof Bianca (Simone Biscombe) se bom wat sy aan die begin van die week laat val het, nie genoeg skokgolwe in Ruiterbosch veroorsaak het nie! Die Samsodien-kinders hou arme Moena (Jill Levenberg) op haar tone. Sy weet nie meer watter kant toe nie. Seën dié vrou se moederhart! Regtig! 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Binnelanders

Ek sit en dink hierdie week… Wanneer het Delia (Odelle De Wet) van ’n skurk na ’n ja-en-amen-volgeling verander? Ek onthou nog hoe Delia vir almal geïrriteer het en hul senuwees op gemaak het. Sy was beslis nie ’n gunsteling nie, maar die week het ek hoeveel keer gewens dat sy haar mond oopmaak en haarself red. Hoekom word sy dan nou so mislei? En van wanneer af luister sy na ander mense? Eish! Dít is moeilik om dié week te aanskou… maar nog moeiliker om weg te kyk! Jy wil hê sy moet die regte besluit neem, maar jy wil ook so deur een oog loer om te sien wat die reaksie op haar dom besluite gaan wees. Dié week eindig nie goed vir Delia nie. Ek weet eintlik nie hoe sy van hierdie ramp gaan herstel nie. Ek dink  sy het sopas haar hele lewe en toekoms self opgeblaas. Maar sy is nie die enigste een nie…

Ek weet nie of ek vir Ella (Marlee van die Merwe) wil high-five of wakker skud nie. Het sy die regte besluit gemaak? Of moes sy ’n bietjie harder probeer het om ’n middeweg te vind? Weke soos hierdie is ek bly die werklike lewe is nie so dramaties soos ’n sepie nie. En daarvoor is ek dankbaar!

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies