Menu terloops
In Sepies [15 Okt 2023]

Sepievoorskou: Ou – en nuwe – skurke maak amok in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’


Nuwe gesigte bring nuwe drama, terwyl ou skurke aan hul planne skaaf. Hier is waarna jy hierdie week (16 Oktober tot 20 Oktober) op ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Ou – en nuwe – skurke maak amok in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in Binnelanders en Suidooster gaan uitspeel. Moenie worry nie, dié sepievoorskou het geen spoilers nie!

Binnelanders

Conrad (Hykie Berg) begin al meer besef dat die ou Conrad dalk nie ’n gentlemen was nie. Hy probeer hard om die stukke van sy geheue bymekaar te skraap, maar met dié dat sy geheue nog nie teruggekom het nie, is daar baie wat nog nie sin maak nie. Hy begin ook wonder of hy regtig weer die ou Conrad wil wees. Dinge tussen hom en Nicolette (Kate Roothman) is nog effens ongemaklik, maar dalk is daar nog ’n kans vir Conrad 2.0. 

Febé (Claudia Jones) het glad nie ooghare vir Ella (Marlee van der Merwe) nie. Maar is haar probleem met Ella of haar bose skaduwee Marissa (ook Marlee van der Merwe)? Now you see her, now you don’t! Marissa lei almal by Binneland om die bos, terwyl Ella se reputasie deur die modder gesleep word. Maar selfs die beste doppelgänger gaan een of ander tyd ’n fout maak. Naomi (Je-ani Swiegelaar) raak agterdogtig, maar gaan sy betyds die sommetjies kan maak om die raaisel op te los? 

Tracy (Melinda Brink) het nog net die boep, maar nog nie die ring nie en dit laat haar onseker voel oor die toekoms. Tertius (Reynardt Hugo) se optrede help glad nie, want waar daar ’n rokie trek, is daar gewoonlik ’n vuurtjie. Sy vreemde optrede laat rooi vlaggies wapper. Maar soms is daar ’n eenvoudige antwoord vir hoekom dinge nie is soos dit lyk nie. 

Liam (David Viviers) durf uiteindelik die langpad aan, maar vreemde saadjies word in Karen (Luandri Reynders) se kop geplant. Dit laat haar twee keer dink oor haar keuse om Liam te ondersteun.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Rassie (Jürgen Hellberg) se dae is getel. Nazeem (Irvine van der Merwe) se geheue is soos dié van ’n olifant. Skurke soos hy vergeet nie maklik as iemand hom iets skuld nie. 

Rassie en sy span by Radio Dassie werk aan ’n meesterplan om van Nazeem ontslae te raak, maar of hulle daarin sal slaag, is ’n saak vir gebed. Nazeem is slinks, so Rassie beter met een oog wakker slaap. 

Aiden (Theodore Jantjies) is opgewonde oor sy broertjie se aankoms in Ruiterbosch en hoop dat hy hierdie keer ’n nuwe bladsy sal omslaan. Gary (Craig Adriaanse) is vol mooi praatjies, maar is dit egter waar dit stop. Net soos ’n luiperd nie sy kolle kan verander nie, is dit ook moeilik vir Gary om sy streke te los. Ruiterbosch se gemeente beter wakker wees, want hier kom ’n tech savvy gevaar. 

Mymoena (Jill Levenberg) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) het ’n lat vir hulself gepluk en kan dit nie meer omkeer nie. Die kompetisie tussen dié twee is nou erger as deelnemers van die reeks Food Wars. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies