Menu terloops
In Sepies [18 Mei 2025]

Sepievoorskou: Skokke in ‘Skemergrond’, nuwe liefde in ‘Suidooster’


Ou liefde blom vir drie van Ruiterbosch se inwoners, terwyl twee van Gemoedsdrift vir hul sondes moet boet en een gesin in Boskruin uitmekaar gedryf word. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek wag. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Skokke in ‘Skemergrond’, nuwe liefde in ‘Suidooster’

Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (19 tot 23 Mei) in Suidooster, Binnelanders, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien.

Skemergrond 

Een man se dood is gewoonlik ’n ander man se brood – behalwe as die hele gemeenskap jou wil dood hê. Tillie (Deirdre Wolhuter) en Dirk (Wilhelm van der Walt) se hofsaak skop uiteindelik af en vir die dorpie van Gemoedsdrift is dit amper so groot en skandalig soos die Diddy-hofsaak wat tans die een skok ná die ander oplewer. 

Die banke in die hof is stampvol en die inwoners eet die getuienis op. Maar wie is nou eintlik skuldig? Hoe meer getuienis gelewer word, hoe meer verward raak die mense. Moet hulle vir Tillie of vir Dirk ondersteun? Sommige inwoners gee briljante getuienis, terwyl ander onder die druk knak. Maak nie saak aan wie se kant jy is nie, dit is beslis ’n week wat jou bloeddruk gaan opstoot – maar op die lekkerste manier. 

Sepievoorskou
Wat gaan van Tillie (Deirdre Wolhuter) en Dirk (Wilhelm van der Walt) word? Foto: Skermgreep

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Net toe ek nou die week mond uitspoel oor Bianca (Simone Biscombe), gee die heelal vir haar weer ’n liefdes-lifeline… En dié keer sommer twee. Bianca het haar hande vol met die manne en haar towerkuns betower meer as net die gehoor. As Bianca nog ná hierdie week op die rak sit dan weet ek nie. Maar in ware Bianca-styl is dit ’n regte avontuur waarop sy die week gaan, en dit eindig nogal op ’n nostalgiese romcom manier. Dit is beslis cheesy verby, maar mens het soms ’n drama-pouse nodig. Want in die hospitaal gaan dit weer gerook! 

Bridgette het mos daardie operasie dringend nodig, maar sy moet eers iets opgee en dan bid dat die heelal nie in elk geval vir haar die vinger wys nie… 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Diepe Waters  

Iets gebeur hierdie week wat Lettie (Stephanie Baartman) en Henry (Stiaan Bruwer) se hele lewe opblaas. Van die grootste high na die laagste laag, daar is min dinge in die lewe wat seerder maak as die pyn wat hulle dié week moet deurmaak. My hart het sommer erg vir hierdie paartjie gepyn. As daar nou iemand is wat dit nie verdien nie, is dit hierdie twee. Hulle doen dan altyd hul beste vir die gemeenskap, dít is mos nie reg nie! 

Intussen is Gys (Justin Strydom) van alle mense die grootste ladies man in Boskruin. Hy sit ore aan vir die jongmense en het al weer ’n vrou gelok. Dit beteken dat hy nou twee ekse het wat sy elke beweging dophou en weekliks al kwater word. Ek blameer hulle glad nie, maar hoekom dan nou Gys? Wat is die man se geheim? 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders 

Daar is ’n rede hoekom almal jou waarsku om nie jou besigheid met plesier te meng nie. Conrad (Hykie Berg) het hierdie week ’n dubbele teleurstelling. Of hy dit nou wil erken of nie, is dit ’n groot f@k&p. Vir een situasie het ek nog simpatie, maar vir die ander is dit regtig iets wat hy kon vermy het. Ek verstaan sy redes, maar as ek my geliefde kon help, sou ek. 

Geen wonder Delia (Odelle De Wet) is vandeesweek die ys-prinses nie. Ek sou ook my verhouding betwyfel as dit tot hierdie punt gekom het. Maar tog lyk dit asof Conrad nie alleen is nie terwyl Delia die week besef dat sy dalk meer alleen is as wat sy gedink het. ’n Bitter pil om te sluk… Maar een persoon verras haar en om eerlik te wees, het dit my ook onkant gevang! Ek sou nooit kan draai dat hy haar grootste aanhanger sou wees nie. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies