Menu terloops
In Sepies [8 Okt 2023]

Sepievoorskou: Kry jou Rennies reg vir hoogdrama in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’


Met drama en skurke wat om elke hoek en draai wag, is daar regtig iets soos vryheid in sepieland? Hier is waarna jy hierdie week (9 Oktober tot 13 Oktober) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Sepievoorskou: Kry jou Rennies reg vir hoogdrama in ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in Diepe Waters en Suidooster gaan uitspeel. Soos altyd is dié sepievoorskou spoiler free!

Suidooster 

As jy ’n ooreenkoms met die duiwel wil aangaan, dan moet jy maar die hitte kan hanteer! Dit is egter makliker gesê as gedaan – vra maar vir ou Rassie (Jürgen Hellberg) wat in Ruiterbosch se duiwel se kloue vasgevang is. Die ou gesegde lui mos: “Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou…” 

Rassie sukkel om sy geheim te hou, want Susan (Natasha van der Merwe) hou haar lyf speurder en gaan nie rus totdat die waarheid uit is nie. Justin (Eden Classens) sal eerder sy kop in die sand wil druk, maar elke Sherlock het hul eie Watson nodig, en ongelukkig vir hom is Susan baie oortuigend. 

’n Nuwe gesig daag hierdie week in Ruiterbosch op en met sy aankoms is dit alles behalwe ’n gelukkige familie-reünie vir Aiden (Theodore Jantjies). Aiden se broertjie kom smokkel net met sy kop en dit plaas vir Aiden in ’n baie moeilike situasie. 

Intussen sukkel Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) nog om vir Zenobia (Abigail Mei) met Brendan (Caleb Arnolds) te vertrou. Iets gebeur dan wat Siya en Danni in ’n hoek druk. Maar hoe dinge uitdraai, verbaas vir almal – veral vir Brendan. 

Die vrede tussen Mymoena (Jill Levenberg) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) hou nie lank nie. Natuurlik word almal in Ruiterbosch by dié oorlog ingetrek. Ek hoop almal hou ’n boksie Rennies byderhand, want teen hierdie tempo gaan ons dit nodig hê. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Diepe Waters

Riaan (Ryno Hattingh) mag dalk sy lankverlore dogtertjie se held wees, maar ons almal weet hy is ’n wolf in skaapsklere. Hy was alreeds woedend toe hy uit die tronk uit gekom het, maar nou laat Zelda (Sandi Schultz) en Gys (Justin Strydom) sy bloed regtig kook. 

Elke pa wil hul dogter beskerm en Gys onderskat hierdie keer die verkeerde man! Gys se obsessie met geld, sukses en beheer plaas Pam (Tracey-Lee Olivier) se lewe in groot gevaar.

Charity (Dané de Waal) wys vir Karla (Daniélle Swanepoel) wie’s baas. Maar dit is dalk presies wat Karla nodig het om die strydbyl te begrawe. Maar terwyl Karla met Charity oor trofeë baklei, veg Johan (Liam Bosman) hard om haar hart te wen. 

’n Nuwe man vang Sanet (Nadia Valvekens) se oog, maar iets sê vir my dit is weer ’n geval van verbode liefde. 

Meghan (Lea Vivier) het dalk ’n manier gevind om saam met Jacques (Werner Coetser) te wees. Maar wat beteken dit vir die res van die familie en hoe gaan die sibbe daaroor voel?

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies