Menu terloops
In Sepies [27 Apr 2025]

Sepievoorskou: Kaste en kaste en kaste vol geraamtes…


Emosies is deurmekaar in sepieland hierdie week. Die lyn tussen liefde en haat raak al hoe fyner… veral wanneer die verraad só diep sny. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat oor die volgende paar dae gaan ontvou.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Kaste en kaste en kaste vol geraamtes…

Hier is waarna jy hierdie week (28 April tot 2 Mei) op Suidooster, Diepe Waters, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Diepe Waters

As jy gedink het die Swarts-familie se kaste is vol geraamtes, het jy beslis nie in die Besters se huis gaan loer nie. Fourie (Dawid Louw) het vir jare met haat in sy hart rondgeloop toe hy gedink het René (Marijke Coetser) het sy ma sy dood veroorsaak. Wel, hy was toe heeltyd reg. Sy ma het danksy ’n gebroke hart gesterf, maar dit was glad nie as gevolg van René nie. O, nee, dít sou heeltemal te voorspelbaar wees. Ek love wanneer die skrywers ons só ’n sappige kurwe gooi!

My oë was groter as Fourie s’n toe ons almal die waarheid ontdek! Ek dink daar is maar min geheime wat so diep kan sny soos hierdie een. Dit is só ’n lekker kinkel wat ek glad nie verwag het nie, maar die reaksies verbaas my glad nie. Ek dink dit is die einde van die Bester-familie, want hoe beweeg jy ná so iets aan? Julle gaan dit nie wil misloop nie!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond

Terwyl Lily (Hildegardt Whites) heeltyd net-net vir Amber (Talia Davis) mis, is Ruan op ’n heel ander spoor. Daar mag dalk nie altyd aksie wees nie, maar wanneer iets wel in Gemoedsdrift gebeur, is Ruan (Dann-Jacques Mouton) soos ’n hond met ’n been. Noudat almal op Everlasting bewus is van die lyk, gaan Tillie (Deirdre Wolhuter) en Dirk (Wilhelm van der Walt) hul storie moet ken. Ruan sien iets raak wanneer hy die nuus gaan oorvertel en dít laat hom dieper dink oor wat dalk op Everlasting gebeur het. Is hy op die regte spoor, en wat gaan hy volgende doen? Dinge raak nou weer vir ’n slag interessant! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Uys (Gerald Steyn) se dae van happy family speel, is getel. Vir iemand met so ’n groot hart, vertrou Uys mense te maklik en dit laat hom altyd in die steek. Nicolette (Kate Roothman) gee vir Uys nuus oor sy pa wat sy hele realiteit ruk. Uys is in ’n moeilike situasie en sal tussen familie en sy werk moet kies. Sy keuse verbaas my nogal, maar wat dink julle gaan hy hierdie keer besluit? Uys is altyd daar vir almal en ek is bly dat hy darem vir Nicolette het. Maar Nicolette trap ook op die verkeerde tone.   

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Suidooster

Mymoena (Jill Levenberg) raak bewus van ’n groot geheim rakende Bianca (Simone Biscombe) en dit veroorsaak spanning in die Samsodien-huis. Bianca was nog altyd die swartskaap van die familie, maar as dié geheim uitkom gaan sy die swartskaap van die hele gemeenskap wees. Bianca vind haarself altyd in hierdie situasies, maar hierdie keer kry ek haar nogal baie jammer. Sy het al soveel teleurstellings gehad, hoe kan mens dan nou anders verwag?

Maar Mymoena is nie die enigste ma in Ruiterbosch wat sukkel nie! Lee-Ann (Portia Joel) kry uiteindelik nuus oor Carlo (Jadon Booysen), maar sy moet vinnig speel as sy weer haar seun wil sien. Ek het self groot geskrik vir ’n spesifieke toneel, want dinge kan in die werklike lewe ewe vinnig verander.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.


Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies