Menu terloops
In Sepies [6 Okt 2024]

Sepievoorskou: Karma tref #Zade in ‘Suidooster’, verlore onskuld in ‘Skemergrond’


Ons bring vir jou die inside scoop oor die grootste storielyne wat vandeeswek in sepieland uitspeel. Hier is waarna jy hierdie week (7 tot 11 Oktober) op ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Karma tref #Zade in ‘Suidooster’, verlore onskuld in ‘Skemergrond’

Ons sepievoorskou is terug en met ’n bang, want daar is min silwer randjies in die stormagtige wêreld van sepieland hierdie week. Om Miley Cyrus aan te haal, die storielyne gaan beslis soos a wrecking ball op kykers se harte toesak. 

Suidooster

Maak jou veiligheidsgordel vas, want dié week wag daar ’n wilde rit op kykers. Ruiterbosch word ’n Hollywood-rolprentstel propvol aksie en met ons eie Liam Neeson… Of moet ek eerder sê, “Riaan’’ Neeson.  

Ek was van dag een af aan Riaan (Niël Coetzee) se kant, want mens kry mos onmiddellik daardie gevoel in jou maag as iets af is. Imelda (Ilse Klink) het ook sommer van die begin af my maag laat draai – en met goeie rede! Ná hierdie week is my enigste raad aan Gary (Craig Adriaanse) om die sugar mamas vir ’n soettand te verruil. Ou broer, dit is veiliger en sal jou minder skade doen. 

Intussen is Angie (Char Carrie) alles behalwe demure of mindful hierdie week, want haar perfekte versorgde kloue is weer uit en ek staan bankvas agter haar. Ná hoe sy behandel is, sou ek ook soos Angie optree, maar hoor wat ek julle nou sê: Karma was nog altyd aan Angie se kant! Skakel maar self in om te besluit of julle dink #Zade ’n forever thing is. Want ek dink beslis nie so nie! Orkaan-Nazeem tref hierdie week daai verhouding en soos enige ander orkaan laat hy ’n spoor van verwoesting agter.  

Die afgelope paar weke se stres en familiedrama tref Kaashifa (Jawaahier Petersen) ook en los haar ook met ’n moontlike spoor van verwoesting, want ons almal weet hoe dinge vir haar laas uitgedraai het toe sy te veel gestres het. Nee man Kaashie, raak nou rustig!

Kate (Annelisa Weiland) neem dinge in haar eie hande met Bridget (Denise Newman) en Ruiterbosch se spiertiere en albei werk in haar guns uit. Maar ek verkies ook ’n spiertier bo ’n bearded dragon… Jammer Carlo (Jaydon Booysen)!

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Diepe Waters

Nee kyk, ek weet nie eens waar om te begin wanneer dit by Boskruin kom nie. As ek Sanet (Nadia Valvekens) was, sou ek vir Bubble Boy vra of ek saam met hom kan intrek, want hoeveel meer kan hierdie vrou vat? Die heelal is regtig teen haar en haar welstand. Maar soms wil ek ook net vir Sanet skud en sê, “Ruk jou reg, man.” Ek voel vir haar, maar wat sy met Anja (Reandi Grey) doen is nie reg nie. Ek dink kykers gaan verdeeld wees oor of hulle vir haar jammer voel en of hulle gefrustreerd is met haar. 

Terwyl Gys (Justin Strydom) en Zelda (Sandi Schultz) nog vir almal wil laat glo dat hulle nou skielik dolverlief is, kry arme Charity (Dané de Waal) ’n mes in die hart. Ek kry haar baie jammer. Charity verdien ’n bietjie geluk vir ’n slag, en ek hoop sy kan hierdie spoedhobbel in geluk omdraai. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond 

Asof my hart nie al te veel getoets is nie, het dit in duisende stukkies saam met Gloria (Hunter Plaatjies) se hart gebreek hierdie week. Mens sien letterlik hierdie die oomblik wanneer Gloria haar onskuld verloor en die lewe se wreedheid op haar toesak. Ek wens Kevin (Gershwin Mias) wil net ’n bietjie wakker raak en vir haar baklei. 

Die Louw-familie word ook geruk hierdie week en die dogters sien uiteindelik hul ouers met ander oë. 

Christine (Devonecia Swartz) vind nog verdoemende inligting uit Maar neem sy nie nou dinge te ver nie?

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies