Menu terloops
In Sepies [21 Jan 2024]

Sepievoorskou: Karma gaan kom klop in ‘Diepe Waters’


Nuwe gesigte bring opwindende kinkels, spanning, aksie en romanse, terwyl ou gesigte selfs ouer koeie uit die sloot grawe. Hier is ’n voorskou van wat jy hierdie week (22 tot 26 Januarie 2024) op ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Karma gaan kom klop in ‘Diepe Waters’

Ons sepievoorskou bring vir kykers die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkende (en soms belaglikste) storielyne wat hierdie week in Diepe Waters, Suidooster en Binnelanders gaan uitspeel.

Diepe Waters

Nina (Reze-Tiana Wessels) en die res van die jong klomp by die Swartmarlyne het een doel voor oë: die Olimpiese Spele en die goue medaljes wat Gys (Justin Strydom) so graag wil hê. Maar voordat hulle daarvoor kan kwalifiseer, is daar ’n paar wat die geleentheid gaan kry om Doha toe te gaan vir die Wêreldkampioenskappe. Ongelukkig veroorsaak dit jaloesie onder die swemmers en kan sommige verhoudings in ’n moeilike situasie plaas. Charity (Dané De Waal) werk aan ’n plan om haar plekkie in Doha te verseker en Johan (Liam Bosman) help haar daarmee. 

Noudat Chris (Henri Strauss) terug is, is hy ’n ekstra steunpilaar vir sy pa wat tans sukkel met sy eie jaloesie teenoor die nuwe situasie waarin Sanet (Nadia Valvekens) en Rossouw (Altus Theart) hulself bevind. 

Vir iemand wat weggehardloop het omdat sy nie saam met die liefde van haar liefde kon wees nie, het Anja (Reandi Grey) darem baie vinnig aanbeweeg van haar droom om ’n lewe en familie saam met Rossouw te bou. Dit plaas vir Sanet in ’n ongemaklike posisie. Ondersteun jy jou suster saam met wie jy ná jare uiteindelik ’n band bou? Of die pa van jou kinders (wat jou vir jou suster gelos het, maar met wie jy uiteindelik weer vriendelik is)? Dis nou ’n moeilike een.  

Maar niks is meer kompleks as die vete tussen Zelda (Sandi Schultz) en Gys nie. Die twee het die hots vir mekaar. Hulle is egter hardkoppig en vasgevang in hul eie planne om mekaar te sink. Zelda verbeel haar nou al glad dat sy ’n landlord op die Kaapse Vlakte is met ’n hele eviction notice en alles. Verbeel jou!

Zelda is darem ’n ander een. Sy verlekker haar te veel in ander (en daarmee bedoel ek Gys) se ongeluk. Het sy nog nooit Taylor Swift se “Karma” geluister nie?! Met al die ongeluk wat sy al beleef het, sou mens hoop dat sy teen die tyd haar les geleer het. Maar ongelukkig pla karma haar glad nie en Sandra (Deirdre Wolhuter) is haar volgende slagoffer.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Is dit Januarie of April? Want dit voel dan nou vir my asof iemand ’n April fools’ joke op ons speel. Nazeem (Irvine van der Merwe) het oornag in ’n gentleman verander! En as dit nie ’n grap is nie, dan het Nazeem ook nou seker op daardie new year, new me-trein gespring. Eish, die liefde laat ’n mens darem snaakse – of in Nazeem se geval, normale – dinge doen. Terwyl die familie hierdie kopskuif verwelkom, is dit nie almal in Ruiterbosch wat bly is dat Nazeem geluk in Laylla (Kay Smith) se arms gevind het nie. 

Terwyl Laylla (Kay Smith) en Nazeem se verhouding floreer, is dit nie sonder uitdagings nie. Sy bevind haarself skielik in ’n kwesbare situasie en sy moet telkens tussen haar werk en haar kêrel moet kies. Gaan hierdie verhouding hou of is daar net te veel uitdagings vir hierdie twee? 

Siya (Gantane Kusch) en Dani (Vashti Prins) se band en huwelik word ook uitgedaag. Dít nadat Dani en Siya nuus ontvang wat hul gesin se toekomsplanne gaan verander. 

Elana se planne om matchmaker te speel ontplof in haar gesig, maar dalk is daar nog hoop. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Naomi (Je-ani Swiegelaar) gaan nie ophou krap totdat sy die waarheid oor haar hart uitgevind het nie. Dit maak Louis (Germandt Geldenhuys) benoud, maar hy sien nie kans om vir sy vrou die waarheid te vertel nie. 

Die verbrokkelde verhouding tussen Liam (David Viviers) en Karen (Luandri Reynders) het gevolge vir ander en nie net hulle nie. Liam se skuldgevoelens vreet hom op en hy probeer ander maniere vind om Karen te help. 

Nicolette (Kate Roothman) en Steve (Clint Brink) begin ’n band vorm nadat Steve amper haar loopbaan beëindig het. Conrad (Hykie Berg) voel effens bedreig, maar dalk is dit net ’n trauma-band wat Nicolette en Steve nou vorm. 

Elkeen in hierdie hospitaal kry ’n beurt en hierdie week is dit Uys (Gerald Steyn) wat in ’n nagmerrie lewe.   

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies