Menu terloops
In Sepies [23 Jul 2023]

Sepievoorskou: Geskiedenis herhaal homself in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Niks is ooit soos dit voorkom nie in sepieland nie… Ons het die inside scoop oor wat jy hierdie week (24 tot 28 Julie 2023) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geskiedenis herhaal homself in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Diepe Waters 

Die band tussen Nina (Reze-Tiana Wessels) en Tsepho (Johnny Potsanyane) raak  by die week swakker. Liefde kan ook net soveel op-patch in ’n verhouding en selfs dáái lifeline het ’n vervaldatum. Hierdie paartjie se verhouding is bitter naby aan die punt waar niks en niemand sal kan help nie. 

Intussen het Karla (Daniélle Swanepoel) en Arno (Jean Henry) besluit om hul liefde in hul eie hande te neem. Dit lyk asof geskiedenis altyd homself wil herhaal in Diepe Waters, want die paadjie waarop hierdie twee tans wandel herinner my te veel aan wat Anja (Reandi Grey) destyds besluit het. Karla se nuutste besluit het almal op hol die week, veral vir Sanet (Nadia Valvekens). Dié een se senuwees hang aan ’n draadjie… Dat sy nog nie na die bottel gegryp het nie, is waarlik ’n wonderwerk. En in ’n skokkende wending, is Zelda (Sandi Schultz) die held van die week. 

Maar maak nie saak hoe gebroke sy gesin is nie, Gys (Justin Strydom) se hart is van klip gemaak. Dié kil figuur weet net hoe om ’n familie van binne uitmekaar te dryf. Ek dink nie Gys gaan ooit uit sy foute uit leer nie, want daar sit Jacques (Werner Coetser) netjies in sy boot soos een van die posh manne in die Titanic-reddingsbootjies. Ek sal nog nooit dat Gys my so beheer nie. 

Ten minste het Meghan (Lea Vivier) haar lojaliteit teenoor Jacques bewys toe sy vinnig op haar voete dink en die hele familie se geheim beskerm. Nee kyk, as ek ’n  Swarts was, sou ek seker elke dag ’n hot yoga-sessie moes bywoon om al dié familie se gifstowwe en stres te kan uitsweet. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster 

Nazeem (Irvine van der Merwe) se plan bereik hierdie week ’n klimaks met moontlike katastrofiese implikasies wat Bridgette (Denise Newman) se lewe is ernstige gevaar stel. Rita (Illse Roos) het heeltemal die plot verloor en sy soek nou net vryheid. Maar sal die kinders haar betyds uit Nazeem se kloue kan red? Of het dinge reeds te ver gegaan vir Rita? In watter tipe sel sal haar besluite haar dié keer laat beland? 

Dani (Vashti Prins), Bianca (Simone Biscombe) en Angie (Char Carrie) werk saam om ’n matrikulant se drome te laat waar word. Dít terwyl Orpa (Marisa Drummond) se man se dwalende oë ook vir haar raaksien as sy volgende projek. 

Mrs J (Theresa Sedras) is vasbeslote om haar kerk te red en bewys weer dat sy nie sommer enige ou tannie is nie. Ai, as almal maar net so hard vir die liefde baklei het soos Mrs J vir haar kerk… Daar sou beslis nie enkellopendes op hierdie aarde gewees het nie. 

Ten minste het Susan (Natasha van der Merwe) en Elana (Esther von Waltsleben) ’n blad uit Mrs J se boek gevat. Dié twee is weer vasbeslote om hul verhouding weer te laat vlamvat. Ag, ware liefde is darem so mooi, veral die tweede keer.  

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies