Menu terloops
In Sepies [20 Okt 2024]

Sepievoorskou: Afpersers in ‘Skemergrond’, paranoia in ‘Binnelanders’


Geheime val soos bomme hierdie week en dit is die een ontploffing ná die ander. Hier is waarna jy hierdie week (21 tot 25 Oktober) op ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Skemergrond’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Afpersers in ‘Skemergrond’, paranoia in ‘Binnelanders’

Ons sepievoorskou gee vir jou die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in sepieland uitspeel. 

Skemergrond 

Wanneer dit by Lily (Hildegardt Whites) se geskiedenis met Everlasting kom, het ek al lankal besef daar is ’n slang in die gras! Die Louw-ouers is bang dat hul afperser, wat ons almal weet Christine (Devonecia Swart) is, naby aan die waarheid van Hazel (Carmen Maarman) se pa se identiteit is. Hoewel daardie geheim beslis die Louw-familie gaan ruk, is dit niks in vergelyking met die waarheid rondom Amber (Talia Davis) se pa nie. Dit was ’n skok om te hoor, maar dit is presies wie ek aanvanklik gedink het. As ek Hazel was so ek meer oor my man bekommerd wees, want Christine die slang het ’n nuwe teiken. Sies man, ek vererg my sommer van vooraf! 

Intussen vreet Gloria (Hunter Plaatjies) se geheime lewe haar op. Sy raak al meer ’n skaduwee van die gelukkige en sorgvrye persoon wat sy was. Waar is haar chommies? Hoe kan hulle net toekyk hoe hulle uit haar pyn benefit! Staan saam mense, en baklei terug. Saam is jul girl power sekerlik sterker as een gangster se mag.

Patty ontdek ook ’n geheim van haar eie, wat haar happily ever after-planne in die wiele ry.  

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Siya (Gantane Kusch) en Susan (Natasha van der Merwe) is besig met hul eie speurwerk en kom uiteindelik agter die kap van die byl as dit by Mo se geskiedenis kom. Ek sien al hoe Siya vir haar ook inneem en nou skielik sy eie pigeon pair het. Die Here sal sy hart seën, al kry dit hom altyd in die moeilikheid! 

Lee-Ann (Portia Joel) se hart is seer en broos ná haar kaping, maar as Elana (Esther von Waltsleben) vir haar rose bring, maak dit iets binne haar wakker. Nee kyk, Lee-Ann kan maar ook lekker beledigend wees wanneer sy tyd het. ’n Mens kan seker nie voorspel hoe jy met trauma gaan deal nie, maar hoor wat ek julle nou vertel, haar nuwe physio bestie is dodgy verby! Iets voel nie reg nie en ek sal nie verbaas wees as sy deel van die kapers is nie. Of dalk is sy ook al voorheen deur so iets… Daar is beslis meer aan haar storie! 

Die Samsodiens gaan ook altyd deur iets. Hierdie keer wil Kaashifa (Jawaahier Petersen) aan hul toekoms bou voordat die baba kom, terwyl Rhafiek (Irshaad Ally) dit sou verkies dat sy eerder vir nege maande stil sit en hul baba veilig aan hierdie kant groet. Kaashifa is mos altyd hardkoppig en maak ’n ooreenkoms met die duiwel, en ek dink sy berou dit al klaar. Ek hoor Rhafiek, maar dit is mos nie die ou dae nie. ’n Vrou kan meer doen as net ’n baba vir nege maande groei. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Ek sou netso kwaad en paranoïes soos LJ (Julian Robinson) wees as ek moes uitvind dat Ella (Marlee van der Merwe) so ’n groot geheim wegsteek. Dinge raak nou te intens vir my en op hierdie punt sou ek vir ’n time-out geskree het as ek Ella en Joe (Roberto Kyle) was.

Maar soms kan ’n ander identiteit tog pret wees. Vra maar vir Tertius (Reynard Hugo) en Tracy (Melinda Viljoen). ’n Mens moet doen wat jy moet vir jou verhouding, maar o, jinne, het ek nou lekker uit my maag uit gelag vir hierdie twee. #whateverworksforyou 

So gepraat van dinge wat werk, daar is nou nie meer kans vir terugdraai vir Nicolette (Kate Roothman) en Uys (Gerald Steyn) nie. Tog, dit lyk asof hul plan werk… te goed as jy vir my vra! 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies