Menu terloops
In Sepies [9 Feb 2025]

Sepievoorskou: Geheime ontrafel in ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’


Koeëls vlieg, bloed word gestort en twee word tronkstraf gespaar. Lees ons sepievoorskou vir meer oor wat vandeesweek in ons sepies gaan uitspeel.  

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geheime ontrafel in ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’

Hier is waarna jy hierdie week (10 tot 14 Februarie) op Suidooster, Skemergrond, Diepe Waters en Binnelanders kan uitsien. 

Diepe Waters

Zelda (Sandi Schultz) konfronteer vir Gys (Justin Strydom) oor sy geheim. Op daai oomblik lyk dit asof die aarde hom kan insluk. Dit kry ’n mens van double agent speel en dink dat geheime nooit gaan uitkom nie! Julle moet sien hoe René (Marijke Coetser) hierdie week dinge hanteer. Geen skaamte nie; die “beste” vriendin ooit. Maar danksy Karla (Daniélle Swanepoel) se dapperheid, het René (Marijke Coetser) baie om oor dankbaar te wees. En selfs Fourie (David Louw) verbaas ons hierdie week. 

Nina (Reze -Tiana Wessels) probeer ’n nuwe bladsy omslaan, maar ek dink nie ek sou so maklik kon vergeet en vergewe nie. Nie nadat Nina die afgelope paar weke in so ’n brat verander het nie. Maar wat gaan Rose (Eloise Cupido) sê wanneer sy uitvind van haar man se skelmpie? Ek dink sy sal dieselfde reaksie hê as iemand anders wat hierdie week die waarheid moes hoor… 

Sepievoorskou, Diepe Waters
Is dit te laat vir Nina (Reze -Tiana Wessels) om ’n nuwe blaadjie om te slaan? Foto: Verskaf

Intussen het Pam (Tracey-Lee Oliver) twee opwindende nuwe projekte en ek kan nie wag om te sien hoe sy haar Pam-magic laat skyn nie. Dit gaan pret wees! 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Wade (Dean Smith) wil met spoke speel hierdie week en Bridgett (Denise Newman) is heeltemal teen die idee gekant. Ek stem amper nooit met Bridgett se keuses saam nie, maar hier móét ek, want ek glo ’n mens moet die dooies in vrede laat. Behalwe as hulle soos Damian (Caleb Felix) in die werklike lewe onmin gesaai het, want dan word alle reëls seker maar uit die venster gegooi. 

Elana (Esther von Waltsleben) kry ’n kuiergas wat haar en Susan (Natasha van der Merwe) se verhouding gaan uittoets. Ek is altyd opgewonde oor ’n bestie-vakansie, maar ’n mens moet darem weet wie jy in jou spasie toelaat. Ek beskerm altyd die energie in my huis, so julle sal Susan se optrede verstaan wanneer julle hierdie karakter ontmoet. 

Ek hoop Rhafiek (Irshaad Ally) het die polisie op speed dial, want hy doen ’n Gys-move hierdie week wat Kaashifa (Jawaahier Petersen) haar laatste varkies kos. En al verstaan ek hoekom hy dit gedoen het, is haar reaksie presies wat ek verwag het! Hy moes van beter geweet het…

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Binnelanders

Die knop in my maag was dié week seker net so groot soos Louis (Germandt Geldenhuys) s’n. Hy ontvang nuus wat sy toekoms gaan bepaal en net betyds vir ’n kuiergas wat hulle op hul tone gaan hou. 

Met die troue wat verby is, kan Gaby (Maude Sandham) weer op haar eie liefdeslewe fokus. Dit beteken sy moet ’n paar ongemaklike gesprekke hê en julle kan net raai hoe Gaby oor haar woorde val. 

LJ (Julian Robinson) is bekommerd oor Ella (Marlee van der Merwe) nadat hy die waarheid oor haar kêrel se eks hoor. Hy is veral ongemaklik danksy die nuwe verwikkelinge rondom Riekie (Zandélle Meyer). Dit is ’n situasie waarin ek nie wil wees nie. Hoe slaap ’n mens in vrede? Maar LJ bevind homself in die moeilikheid vir meer as een rede hierdie week…

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Skemergrond 

Erica (Shimmy Isaacs) kry mos altyd snuf in die neus en jy kan nie sommer maklik iets van haar af wegsteek nie. Sy ontdek iets wat sy nie moes weet nie. 

Intussen bring Christine (Devonecia Swartz) iemand uit die Louws se verlede om haar grootste plan uit te voer. Hierdie een gaan seermaak, ek kon my oë nie glo nie. Dít is laag – selfs vir Christine. Geen wonder Tyler (Ruben Engel) begin nou om weg te beweeg nie. Ek sal ook nie vir iemand anders wil tronk toe gaan nie. 

Beeno (Duncan Johnson) sien rooi en sy verhouding met Warren (Dustin Beck) vat ’n knou danksy koeëls wat rondom hom en sy meisie vlieg. 

Shakiel (Ashley Riddles) is opgewonde oor die toekoms, maar is sy feesviering te vroeg?  

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies