Menu terloops
In Recaps & Resensies [14 Mei 2023]

Sepievoorskou: Dis net ‘smoke and mirrors’ op ‘Binnelanders’


Ons het die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (15 tot 19 Mei 2023) op ‘Binnelanders’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Sepievoorskou: Dis net ‘smoke and mirrors’ op ‘Binnelanders’

Stille waters. Diepe grond. In Binnelanders draai die duiwel(s) rond.

Ai. ’n Mens wil darem nooit glo dat mense rondom jou vir jou die seerste gaan maak nie. Ongelukkig is dít die nare waarheid wat meer as een karakter binnekort in Binnelanders gaan uitvind. 

Daar is paniek in die hospitaal nadat nóg ’n skok die hospitaal tref. Vir een Binnelander is dit touch and go en een verkeerde besluit kan hul toekoms vernietig. Ek het altyd gedink daar is ’n vloek oor Arendsvlei se Cupidos and hul geliefde Hoërskool Arendsvlei, maar sjoe… Dinge lyk wraggies nie veel beter in Pretoria nie.

Niemand in Binnelanders gaan hierdie een sien kom nie en kykers se monde gaan beslis oophang soos skokonthullings oor die volgende twee weke gemaak word.

Dit voel asof bad luck by die mense van Binneland-kliniek boer. Soms gebeur dinge per toeval, ander kere is dit ’n geval van waar daar ’n rokie trek is daar meeste van die tyd sowaar ook ’n vuurtjie. In die Binnelanders se geval is dit heel waarskynlik iemand agterbaks en oneerlik wat jou wil vernietig. Maar in plaas daarvan om buite die vertrek vir verdagtes te soek, moet jy dalk ’n bietjie meer agterdogtig oor diegene aan’t huis wees. As iets nie reg voel nie, moet jy na daai stem binne jou luister. Ongelukkig gebeur dít mos weinig in sepies nie. Eintlik doen sepiekarakters meestal die teenoorgestelde as hulle gut feelings oor goed begin kry. En – ter wille van die vertelling – is dit seker ook goed so. As alle karakters na daardie stem geluister het, sou ons byna nooit drama en sousige storielyne gehad het nie.

Maar ek dink daar is een karakter wat binnekort gaan wens dat hulle eerder na daardie stem geluister het. Dit is beslis ’n geval van “fool me once, shame on you; fool me twice, shame on me.” Ek het net weereens besef dat die gaafste mense dikwels ook die boosste kan wees. Dit is hoekom ek maar altyd so ’n bietjie skepties deur die lewe beweeg. Eerder dít as wat iemand vir my met ’n slap riem  vang. Nuh-uh.

Niemand in Binnelanders gaan hierdie een sien kom nie en kykers se monde gaan beslis oophang soos skokonthullings oor die volgende twee weke gemaak word. Daar is veral een wat besonder seer gaan maak en dalk gaan kykers, soos ek maar ook, vir een of twee karakters ’n verskoning skuld.  

Ek is altyd op die uitkyk vir ’n skurk, maar hierdie keer is ons almal ’n rat voor die oë gedraai, terwyl ander karakters weer ongelukkig met klappe op hul oë deur die lewe beweeg. Nee, kyk, dit verbaas my altyd hoe mense die pot heeltemal mis kan sit!

Terwyl sommige verhoudings van krag tot krag gaan, is daar ander wat vinnig besig is om te flatline. Jy kan nie altyd beheer hoe jou hart oor iemand anders gaan reageer nie, maar elke nou en dan skree die universe vir jou en dan moet jy net jou flippen ore oopmaak en luister. Ons sal maar moet inskakel om te sien watter verhoudings oorleef en watter verhoudings dalk ’n stille dood sterf.

Gelukkig is daar nie net drama nie! Van die karakters vind ook vrede op ’n verrassende wyse. Jy weet nooit regtig wat mense of idees bymekaar sal bring nie, maar dikwels is dit die mees onverwagte dinge wat vir mense die meeste sal beteken.


Kyk Binnelanders op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies