Menu terloops
In Sepies [26 Mei 2024]

Sepievoorskou: Die wiel draai… maar spyt kom mos te laat


Daar’s ’n teiken op Elana se rug en Sanet speel met (skinder-)vuur… Hier is waarna kykers hierdie week (27 – 31 Mei 2024) op ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’, en ‘Binnelanders’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die wiel draai… maar spyt kom mos te laat

In een van die mees devastating en hartverskeurende TV oomblikke van 2024 sterf Adam (Clint Aplon) in Arendsvlei voor sy eerste liefde en al sy sokker-buddies op die skoolkamp.  

Toe die paramedikus met CPR begin, het dit gevoel asof my eie hart dan nou stadiger wil begin klop. Ek was oortuig dat Bompie (Jarrid Geduld) vir Adam sou seermaak nadat hy vir Rachel (Kim Syster) gedwing het om teen hom en Bompie te kies, maar ek het nie gedink Bompie gaan die arme kind vermoor nie. Ek moes beter geweet het, want dit is nie sy eerste tienerslagoffer nie. 

Mens kon Rachel se seer deur die TV skerm voel en ek hoop regtig dat haar gille vir ewig in Bompie se gedagtes sal spook wanneer hy in die tronk vir sy sondes gaan boet. Ja, die Galants kom altyd met moord weg, maar die wiel draai (al is dit blerrie stadig in sepieland) en elke hond kry een of ander tyd sy dag. Ek wag inspanning vir Bompie se dag, want Rachel gaan hom met haar eie kaal hande vermoor. 

Diepe Waters

Ek kon amper nie kyk hoe Sanet (Nadia Valvekens) in Diepe Waters met die grootste teleurstelling na haar geliefde dominee staar toe sy uitvind dat hy in sy vorige kerk die gemeente se tiendes “gesteel” het nie. Oh the scandal! Hier wil sy om elke hoek en draai haar stilettos uittrek en een in Ria (Roeline Daneel) se oog druk omdat sy die hoof mevrou dominee wil wees en nou tref hierdie bom haar. Ai Sanet, ek sal maar nou al die handdoek ingooi, want Ria gaan beslis hierdie stukkie inligting as haar campaign highlight gebruik om die kerk geveg te wen. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Nadat Elana (Esther von Waltsleben) haar voet neergesit het, is daar ’n groot teiken op haar rug en Susan (Natasha van der Merwe) is te besig om Herschel (Emile Hager) te mother om die tekens te sien. Maar iets gebeur wat haar aandag op Herschel plaas en haar weer laat ondersoek instel. Ek dink Susan moet maar by songs en advertensies op Radio Dassie hou, want hierdie inspector Suzie-besigheid raak nou belaglik. Los die speurwerk vir die polisie. 

Ek dink niemand is meer spyt as Rhafiek (Irshaad Ally) dat hy ooit sy mond oopgemaak het en vir Kaashifa (Jawaahier Petersen) probeer oortuig het dat sy vir borsinplantings moet gaan nie. Ná ’n bevrydende swemklas het Kaashi besluit om die operasie te kry, maar sal Rhafiek se inmengery vir sy vrou geluk of ongeluk bring? 

Bianca (Simone Biscombe) en Riaan (Daniel Coetzee) kan nie besluit of hulle saam wil wees nie en is besig met ’n epiese rondte van kat en muis. 

Carlo (Jadon Booysen) doen iets wat hom in die moeilikheid bring en Lee-Ann (Portia Joel) weet nie meer watter kant toe nie. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Conrad (Hykie Berg) se grootste droom het waar geword toe Tracy (Melinda Viljoen) met klein Leah intrek. Maar dit lyk nie asof hy meer vir lank huisie-huisie sal kan speel nie. Tracy mag dalk dink dat sy die regte besluit neem om vir Leah ’n gesin te wil gee, maar almal kan sien dat haar hart nog aan Tertius (Reynardt Hugo) behoort. Nadat Tracy nuus van Tertius se onlangse besluite ontvang, raak sy bang en begin dinge in die Bester-mansion uitmekaar val. 

Nicolette (Kate Roothman) het al haar geloof verloor. Sy sien hoe haar droom vinnig wegglip en daar is niks wat sy daaraan kan doen nie. Chirurgie is beslis ’n boys club, maar sy wys vir almal dat sy haar man kan staan. Is dit te laat of is daar nog hoop?

Met hul huwelik wat uiteindelik weer op koers is, weier Louis (Germandt Geldenhuys) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) om mekaar te laat sleg voel oor enigiets. Maar dit veroorsaak dat albei letterlik teen slapelose nagte moet baklei. 

Karen (Luandri Reynders) trek swaar ná die diamant-debakel, maar wil aan niemand erken dat dit haar dieper geraak het as wat sy voorgee nie. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies