Menu terloops
In Sepies [11 Jun 2023]

Sepievoorskou: Die duiwel is los in ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’


Van Ruiterbosch tot in die hartjie van die Jakarandastad wys van ons sepiekarakters hul ware kleure dié week. Daar is nie genoeg messe in vir almal wat in die rug gesteek word nie. Ons het die inside scoop oor hierdie week se sepiestorielyne. Waarna kan jy hierdie week (12 Junie tot 16 Junie 2023) op ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’, ‘Arendsvlei’ en ‘Binnelanders’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die duiwel is los in ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’, ‘Diepe Waters’ en ‘Binnelanders’

Arendsvlei 

Die liefde kan jou darem blind maak. Ons almal was al in Saartjie (Hunter Plaatjies) se skoene, waar ons ’n vriend of vriendin probeer oortuig het dat die persoon saam met wie hulle in ’n verhouding is, nie goed vir hulle is nie. Maar ongelukkig gaan jy 99% van die tyd tweede kom. Mense moet hul eie koppe stamp en op die harde manier leer. Dit is presies wat met Daniel (Cantona James) dié week in Arendsvlei gebeur. Sy lus was groter as sy logika, maar die waarheid kom altyd uit. Daar is trouble in paradise, maar waar los dit vir Daniel en sy toekoms by die Arendsvleier

Ten minste lyk dit asof dinge uiteindelik in die Cupidos se guns gaan draai… Maar een wonderwerk bring meer bad luck vir Beatrice (Jolene Martin) en die familie. 

Kyk Arendsvlei op DStv Online

Suidooster

Help vir Zeempie (Irvine van der Merwe)! Want dié week is dit die Samsodien-familie se beurt om ’n mes in Nazeem se rug te steek. Shame, ek is nou nie Nazeem se grootste aanhanger nie, maar is daar nie een familie wat hom ’n kans wil gee nie? Maar voordat ek te vinnig vir Nazeem opkom, is dit maar seker karma se manier om hom vir al sy dade te laat boet. Die man wil net nie hoor nie en word amper uitgevang soos sy nuwe plan gestalte vind. Rita (Illse Roos) doen iets wat Nazeem amper sy gat laat sien nog voor die speletjies eens regtig begin het.  

Ongelukkig is Nazeem nie die grootste slang in Ruiterbosch nie. Meer twee gevreet as Orpa (Marisa Drummond) kry jy nie. Sy sal maak dat ek nooit weer die kerk vertrou nie. Dit raak al hoe moeiliker vir Siya (Gantane Kusch) om nie sy humeur te verloor nie. Waarmee is Orpa besig? En julle sal nie glo wie dié keer vir Siya en Dani (Vashti Prins) verraai nie…

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters

Waar kry ’n mens deesdae betroubare familielede, want hulle is beslis nie in Diepe Waters nie! Tsepho (Johnny Potsanyane) se woorde sny diep die week, maar lê sy lojaliteit by Henry (Stiaan Bruwer) of die lang verlore Bhutis? 

Almal het ’n Nina (Reze-Tiana Wessels) in hul lewens nodig, want Nina gee vir Tsepho raad wat hom help om ’n besluit te neem. 

Pam (Tracey-Lee Olivier) het besluite van haar eie om te maak, maar hoe kies jy tussen twee dinge waarvoor jy al vir jare bid? Elke keuse het sy eie gevolge en ongelukkig vir Pam help Zelda (Sandi Schultz) se ultimatum nie. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Binnelanders

In Binnelanders gaan dit altyd oor lewe en dood. Meer as een dokter vat dié week kanse wat hul gesondheid of lewens in gevaar stel. Maar selfs in moeilike tye hoop die geheime binne hierdie hospitaal op. 

Met Lukas (André Lótter) terug, moet Tracy (Melinda Brink) besluit waar haar lojaliteit lê. Kies sy hierdie week haar droomdokter Tertuis (Reynardt Hugo), of is haar liefde vir Lukas net te sterk? 

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies