Menu terloops
In Sepies [18 Feb 2024]

Sepievoorskou: ‘Binnelanders’ se Conrad weet nie wat ons weet nie!


Daar is oorlog in sepieland en ek vermoed dat daar ongelukkig baie verhoudings is wat skade gaan ly. Dié sepievoorskou verklap meer oor wat jy hierdie week (19 tot 23 Februarie 2024) op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan sien uitspeel.

Sepievoorskou: ‘Binnelanders’ se Conrad weet nie wat ons weet nie!

Die messe is uit en lyne word in die sand getrek, maar wie se besluite gaan nog by hulle kom spook? Lees ons sepievoorskou vir die week vorentoe.

Binnelanders

Steve (Clint Brink) is terug en hierdie keer kom hy in vrede. 

Naomi (Je-ani Swiegelaar) probeer vrede maak met hoe haar toekoms gaan lyk en neem die eerste stappe om genesing vir haar siel te vind. 

Louis (Germandt Geldenhuys) is sommer van vooraf verlief op Naomi, maar is dit te laat vir hierdie paartjie om versoening te vind?

Terwyl sommige paartjies vir hul liefde veg, is Conrad (Hykie Berg) genadeloos. Sy dreigement verlede week was net die begin van sy vendetta teen Tracy (Melinda Viljoen). Dit gaan my verstand te bowe hoe jy een oomblik vir iemand die maan en son kan belowe en die volgende oomblik wil jy hul hele wêreld, met hulle daarin, afbrand.

Gelukkig vir Tracy is sy mos nou nie in luxury met ’n goue lepel in haar mond gebore nie. Hierdie vrou het street cred en gaan nie sommer deur Conrad geboelie word nie. Conrad onderskat hierdie leeuwyfie en as ek geld op hierdie geveg moes plaas, het ek elke sent op Tracy gesit. Conrad weet nie wat ons weet nie! 

Nicolette (Kate Roothman) sien uiteindelik die regte Conrad en ek wed jou sy is spyt dat sy Pandora se doos oopgemaak het! Daar is ’n rede hoekom mense altyd die gesegde, “let sleeping dogs lie” gebruik… Sy wou mos nie hoor nie! 

Intussen probeer Delia (Odelle de Wet) vir Henry (Francois Lensley) oortuig om die gesig van Binneland se PR-veldtog te wees. Hy sukkel om ’n besluit te maak, maar daar is reeds een dame wie se knieë hy lam maak. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Zoë (Lauren Joseph) mag dalk nie Nazeem (Irvine van der Merwe) se grootste aanhanger wees nie, maar once a lover, always a lover. Sy wil nie met hom wees nie, maar sy kan hom ook nie laat gaan nie. Gelukkig vir Nazeem is dit hierdie keer ’n goeie ding dat Zoë nie haar neus uit sy sake kan hou nie. 

Sy ontdek iets wat Nazeem se saak gaan help en sy reaksie gaan kykers onkant vang. Zoë moet ook kies waar haar lojaliteit lê. 

Nes Siya dink hy wen met Danni (Vashti Prins), word die mat onder sy voete uitgeruk. Daar is niemand meer desperaat as ’n vrou wat bitter graag swanger wil wees nie. Op hierdie stadium van die geveg, lyk dit asof daar maar min dinge is wat Danni nie sal doen nie. En hierdie keer het die Thulis met die verkeerde persoon in die bed gespring en dinge word gesê wat ’n mens nie maklik kan terug vat nie. 

Wade (Dean Smith) is terug in Ruiterbosch en sy nuwe stokperdjie lig meer as net wenkbroue. Angie (Char Carrie) kon nie wag om Wade te bespring nie, maar die universe het ander planne gehad.  

Intussen, is Bianca (Simone Biscombe) en die res van die Samsodien-kinders nuuskierig en agterdogtig oor hul ma se nuwe sosiale lewe en die persoon wat so baie van haar tyd neem. 

Tim (Marco Spaumer) staan voor ’n kruispad in sy loopbaan en sal self moet besluit oor wat die beste vir sy toekoms is. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies