Menu terloops
In Sepies [17 Apr 2023]

Sepies: Foute en verraad volop in ‘Binnelanders’, ‘Arendsvlei’


Groot foute, verraad en verkeerde keuses was die hooftema wat verlede week in ons sepies geheers het.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Foute en verraad volop in ‘Binnelanders’, ‘Arendsvlei’

Sepies op ons radar dié week is Diepe Waters, Arendsvlei en Binnelanders.

Diepe Waters

Terwyl karakters soos Rossouw (Altus Theart) en Anja (Reandi Grey) hul toekoms in hul eie hande geneem het, wil arme Karla (Daniélle Swanepoel) wil nie meer lewe nie. Dít terwyl haar ma daagliks in ’n droomwêreld wakker word. As dít is wat drank doen, dan wil ek nie meer drink nie, want die vrou is nie altyd met ons nie. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Arendsvlei 

Sy mag dalk verlede jaar die stil hoofmeisie gewees het, maar Saartjie (Hunter Plaatjies) is nie meer die A-student wat kykers leer ken het nie. Saartjie speel deesdae met vuur en nou het sy vir Daniël (Cantona James) ook by haar skelmstreke ingetrek. Thys weet iets is fout, maar Bianca (Riana Alfreds) wil niks weet van haar onskuldige dogtertjie nie. As dit ek was, het my ma en pa al lank al vir my laat verstaan dat dit nie in hul huis toegelaat sal word nie. Ek was te bang om aan dwelms te vat danksy die gruwelstories wat my ouers vir my laat glo het. Bianca wil nie glo dat Saartjie ’n dief of druggie is nie, maar sy was vinnig om vinger na Thys te wys. Die arme man is uitgetrap toe hy die sjokolade gesteel het. ’n Mens sou sweer dit was goud. 

Maar Bianca gaan die week ’n rude awakening kry. Hulle sê mos stille waters, diepe grond en Saartjie is beslis ’n goeie voorbeeld daarvan. Tanner (Stefan Erasmus) en Eva (Devonecia Swartz) het gevoelens vir mekaar ontwikkel en dit lyk asof hulle die kat in die donker wil knyp. Arme Lennie (Dann Jaques Mouton) kan voel dat Eva wegtrek, maar weet nie regtig wat om te doen nie. Lennie hou van hul roetine, terwyl Eva opsoek is na iets meer opwindend. Ongelukkig vir Lennie is sy jonger broer daardie nuwe opwindende ding in Eva se lewe. Of Eva en Tanner goed is vir mekaar en ’n verhouding sal kan laat werk, weet ek nou nie regtig nie. Tanner is tog besig met onderduimse goed.

Simone is vasbeslote om ander slagoffers te help, veral nou dat haar bestie, Cherry (Meggan Stone), uiteindelik haar siek pa se ware kleure sien. Sjoe! Ná verlede week se uitbarsting in die tronk, is daar geen manier dat sy ooit haar pa sal vergewe nie. Ek dink mnr. Leigh gaan vir ’n baie lank tyd in die tronk vrot. Hy verdien dit.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Binnelanders

Of At (Hans Strydom) nou leuens vertel of die waarheid, lyk my hy kan net nie wen nie. Net toe Louis (Germandt Geldenhuys) hom wou vergewe, vertel At vir Louis van sy nuutste skandaal. Hy gaan met ’n biochemiese terroris trou.

Hierdie dinge gebeur regtig net in sepies, want familie of nie – en ryk of nie – ek sou direk polisie toe gegaan het. Ek sit nie my lewe in gevaar nie. Ek sal mos nooit gemaklik voel om by my broer se huis te eet of te drink nie. Dit was nou nie die beste nuus nie, maar Louis beter vir At vergewe voordat hy sy besigheid en alles waarvoor hy en sy familie so hard gewerk het, verloor. Eish, dit het my nou ook sommer ’n les geleer. As jy geld erf, maak eers seker dit is in jou bankrekening voor jy groot geldbesluite maak. Jy weet nooit of jou familielede ook soos ’n feniks uit die dood gaan opstaan nie.

Tracy (Melinda Brink) kan ook nie ’n rustige lewe hê nie. Dit is mos te boring vir haar. Sy beter oor haar skouer loer dié week, want wie weet watter gemors sy en Tertius nou by betrokke is. Dit gaan nie goed eindig nie.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies