Menu terloops

Seinfeld S1-9

Op Netflix [Gepubliseer op 15 Okt 2021]


Neuroties, skater-snaaks, soms effe laf – ‘Seinfeld’ is steeds komedie-goud.

Seinfeld S1-9
Kyk lokprent

Seinfeld (1989-98) word wyd beskou as die goue standaard vir slice-of-life-komedies – daai stories wat om die niks en die alles van ons alledaagse bestaan draai.

Die sitkom was – en is steeds – geliefd deur beide kritici en ’n kykerpoel wat voortdurend groei soos jonger geslagte aan die reeks se maltrap-karakters Jerry, George, Elaine en Kramer bekendgestel word. Daarvoor is etlike herhalings van Seinfeld se nege seisoene te danke. Die Amerikaanse stroomdiens Hulu het vir ’n ruk lank die uitsaairegte gehad, maar nou is al 180 episodes op Netflix beskikbaar.

Die storie speel af in Manhattan, New York, en draai om die komediant Jerry Seinfeld (hy speel ’n fiktiewe weergawe van homself) en sy drie beste vriende, George (Jason Alexander), Elaine (Julia Louis-Dreyfus) en Kramer (Michael Richards).

George is die mees neuroties van die hele lot (en dit sê nogal baie…), ’n klakous en jaloers op ander se sukses.

Elaine is Jerry se voormalige girlfriend, hopeloos versot op die idee van verhoudings en dus altyd op soek na een.

Oor Kramer en sy wilde hare, eienaardige idees en eksentrieke gewoontes kan ’n mens boeke skryf – hy is nie verniet ’n kyker-gunsteling nie.  

Kyk op Netflix. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies