Menu terloops

Russian Doll S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 20 Apr 2022]


‘Russian Doll’ se tweede seisoen speel vier jaar ná die gebeure van die eerste seisoen af.

Russian Doll S1-2
Kyk lokprent

Natasha Lyonne is ná die eerste seisoen van Russian Doll absoluut onmiskenbaar.

Letterlik.

Jy. Kan. Haar. Nie. Mis. Nie. Nee, ons praat nie van haar wilde rooi haardos nie (hoewel dit nogal uitstaan). Dis eerder haar formidabele talent wat op skou is. Sy het immers dié eiesoortige, blerrie geniale komedie-drama saam met die komedie-ikoon Amy Poehler (Parks & Recreation) geskep.

Buiten haar vertolking van die hoofrol, is sy ook een van die reeks se skrywers en dien boonop as regisseur van dié oorspronklike Netflix-reeks.

Russian Doll draai om Nadia (Lyonne) wat in ’n Groundhog Day-situasie vasgevang is. Op ’n aand is sy by ’n partytjie in New York en word aan die einde van die aand vermoor. Maar dan word sy die volgende dag ongedeerd wakker asof niks gebeur het nie…behalwe dat sy nou in ’n onverklaarbare time loop vasgevang is. Is sy gedoem om vir die res van haar “lewe” dié dag – en haar moord – tot in ewigheid te herhaal? Maar dié rooikop is nie ledig nie en ’n skater-slim storie ontvou soos sy kop of stert van haar lot probeer uitmaak en antwoorde soek. 

Die eerste seisoen was ’n wegholsukses met die tweede seisoen wat ná drie jaar uiteindelik vrygestel is.

Lees ook André-Pierre du Plessis se resensie van die tweede uittog, wat vier jaar ná die gebeure van die eerste seisoen afspeel.

Die Suid-Afrikaanse akteur, Sharlto Copley, is tot die rolverdeling gevoeg en ’n soektog na gesteelde Krugerrande is een van die seisoen se belangrikste plotpunte.

Albei seisoene is nou op Netflix met die nuwe seisoen wat vanaf 20 April beskikbaar is.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies