Menu terloops
In Gons [19 Mei 2025]

Ruben Engel oor ‘Skemergrond’ se Tyler: ‘Hy’s ’n goeie ou wat bereid is om verkeerde dinge te doen vir die mense wat hy liefhet’


Kyk, ons weet as Christine (Devonecia Swartz) betrokke is, kom daar moeilikheid in ‘Skemergrond’. Maar in ’n nuwe storielyn wat besig is om te ontvou, is dit veral Tyler (Ruben Engel) wat die spanningsdrade stywer draai.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Ruben Engel oor ‘Skemergrond’ se Tyler: ‘Hy’s ’n goeie ou wat bereid is om verkeerde dinge te doen vir die mense wat hy liefhet’

In ’n spanningsvolle storielyn in die kykNET&kie se telenovela, Skemergrond, neem Tyler, gespeel deur Ruben Engel, ’n gevaarlike afdraai na Christine (Devonecia Swartz) se wêreld. Kort daarna begin dit lyk of hy gaan sukkel om weer die pad uit te vind… Namate die intrige verdiep, kom Tyler se lojaliteit en grense al hoe meer in die gedrang.

“Hy help vir Christine om haar plan met Amber Louw (Talia Davis) uit te voer,” vertel Ruben. “Christine gebruik vir Kirby Jansen (Chanté Grainger) om Amber se vertroue te wen – en noudat Amber stewig in Christine se kloue is, is dié tweetjies besig om vir Amber al meer van haar familie te vervreem.”

Dié gebeure laat natuurlik vir Lily (Hildegardt Whites) dag ná dag in sak en as soos sy probeer om tot haar dogter deur te dring – tevergeefs.

Skemergrond, Ruben Engel
Die moeilikeidmakers: Tyler (Ruben Engel), Christine (Devonecia Swartz) en Kirby (Chanté Grainger). Foto: Verskaf

Onvoorspelbare Tyler

Tog is dit nie altyd maklik om Tyler se motiewe te peil nie. Ruben beskryf hom as “ ’n goeie ou wat bereid is om verkeerde dinge te doen vir die mense wat hy liefhet.” Hierdie morele kompleksiteit maak dié karakter onweerstaanbaar vir Ruben: “Ek hou van die feit dat hy nie eenvoudig of voorspelbaar is nie.”

Hoewel hy Christine se plan ondersteun, is daar tog perke, voeg hy by. “Ek sal nie in die regte lewe al die onwettige goed doen wat Christine van hom vra nie,” sê Ruben. “Maar ons het baie gemeen – van hoe ons vir mense omgee tot hoe ons beide lief is vir mode en sosiale media.”

Ruben Engel, Skemergrond
“Ek en Devonecia (Swartz) het ook intens gepraat oor die dinamika tussen ons karakters – dis ’n verhouding met baie lae,” vertel Ruben Engel oor sy voorbereiding vir sy rol as Tyler in Skemergrond. Foto: Verskaf

Sy voorbereiding vir die rol is deeglik en deurdag. “Ek het diep gesprekke gehad met die regisseur en vervaardigers oor Tyler se pad. Hulle en die skrywers het ’n goeie idee gehad van wie hy is en wat hom dryf. Ek en Devonecia het ook intens gepraat oor die dinamika tussen ons karakters – dis ’n verhouding met baie lae.”

As akteur hou Ruben van uitdagings. “ ’n Karakter moet vir my ’n donker kant hê – dit maak hom kompleks en realisties. Dit gee my ook meer ruimte om kreatief te wees.”

Besig… met balans

Ruben is geen vreemdeling voor die kamera of op die verhoog nie. Hy was al te sien in reekse soos AfgrondDie BylProjek DinaSuidooster en Arendsvlei. 

Buiten Skemergrond, werk hy aan die produksie van ’n internasionale speletjie-app, bestuur verskeie sosiale media-projekte en lei ’n jeuggroep met predikers, spirituele dansers en ’n energieke lofsang- en aanbiddingsgroep. “Ek probeer ook meer stilte en balans vind. Dis nodig tussen al die projekte,” sê hy.

Sy hart bly ook altyd by gemeenskapswerk. “Sedert ek in 2009 as tweede naaswenner van Mr. SA aangewys is, werk ek om die jeug te inspireer en vir hulle toegang tot geleenthede te gee. Dis vir my een van die belangrikste goed.”


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies