Menu terloops

Rosie Molloy Gives Up Everything S1

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Mei 2023]


‘Rosie Molloy Gives Up Everything’ is ’n chaotiese en oproerige Britse komedie oor verslawing en selfontdekking.

Kyk nou

Rosie Molloy Gives Up Everything S1
Kyk lokprent

Rosie Molloy (Sheridan Smith) is ’n verslaafde – bedoelende dan dat sy aan álles verslaaf is. Sigarette? Jip. Alkohol? Ja, dit ook. Adderall? Xanax? Koffie? Ja, ja en ja. En die lys gaan aan. 

Ná ’n vernederende voorval by haar broer, Joey, se troue, probeer sy egter om haar lewe op ’n nuwe, gesonder, koers te kry. Dit beteken natuurlik dat sy al haar vices moet opgee. Alles. Elke liewe een.

The Guardian, wat die reeks vier uit vyf sterre gee, beskryf Rosie Molloy Gives Up Everything as “skreeusnaaks” terwyl The Independent skryf dat om die sitkom te kyk soortgelyk is aan ’n lekker aand uit wat ’n bietjie buite beheer raak.


Vanaf Maandag, 22 Mei 2023, op Showmax. Die episodes word in sarsies van drie weekliks beskikbaar gestel. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies