Menu terloops

Laataand by Rian S1

Op DStv [Gepubliseer op 4 Jul 2023]


Jy gaan lag, interessante dinge leer, en jou by tye dalk liederlik vervies vir sommige van sy gaste, maar jy gaan ‘Laataand by Rian’ geniet.

Laataand by Rian S1

kykNET se nuwe geselsprogram – Laataand by Rian – gaan heerlik woer-woer met jou speel. Want die gaste wat Rian van Heerden nooi om saam met hom oor ’n bord kos te gesels, gaan jou beslis nie sonder emosie laat nie. Jy gaan lag, interessante dinge leer en jou by tye dalk liederlik vervies vir sommige sy gaste, maar jy gaan hierdie kuiers geniet.

Rian is ook bekend vir onder meer Wie Word ’n Miljoenêr? en Sex in Afrikaans.

Die kuiers vind in Rian se eetplek, Delizioso, in Pretoria plaas. Daar is twee gaste in elke episode en die tweede gas is altyd ’n verrassing vir die eerste gas. Die eerste gas is iemand wat in die nuus is, met die tweede gas wat iemand buitengewoon is met die doel om die gesprekke in ’n ligte trant te hou. Een van die eerste episode se gaste is Gayton McKenzie, die gewese bankrower wat besigheidsman geword het en nou die president van die Patriotic Alliance is. Die tweede gas is Boet Schoeman, ’n bekende mampoerstoker uit Potchefstroom se wêreld. Boet, van Schoemanati-mampoer is al nege keeer as die nasionale mampoer-kampioen en twee keer as die witblitskampioen gekroon.

Rian sê . . .

“Ek loop al lank met die idee vir ’n laataand-geselsprogram. Ek dink gesprekke oor aktuele sake en gebeure in ’n gemaklike omgewing verseker dit wat saakmaak behoorlik bespreek word.”

Wanneer dit by die nuusmakers kom, is die gaste byvoorbeeld nie almal uit die politieke wêreld nie.

“Hierdie persone is juis gekies omdat ek oortuig is dat hulle ook nuus tydens die program sal maak,” sê Rian. En hy belowe dat hy prominent politiek gaan praat. Die remskoene is lankal deurgeslyt want Rian wil die land in rep en roer kry.


Vanaf Dinsdag, 4 Julie 2023, om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn). Laataand by Rian is ook op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies