Menu terloops

Reyka S1-2

Op DStv [Gepubliseer op 11 Jan 2024]


Kim Engelbrecht lewer uithalerspel in die boeiende plaaslike misdaaddrama, ‘Reyka’.

Kyk nou

Reyka S1-2
Kyk lokprent

Nuwe karakters en volgehoue aksie en drama wag op kykers in die senutergende tweede seisoen van die plaaslike misdaaddrama, Reyka

Die reeks, wat die lewe van die briljante misdaad-profiler, Reyka Gama (vertolk deur Kim Engelbrecht) volg, se eerste seisoen het al heelwat pryse ingepalm, waaronder vier Safta-toekennings, en spog ook met twee benoemings by die internasionale Emmy-toekennings. Reyka word ook wyd internasionaal versprei en staan in sommige lande eerder as The Cane Field Killings bekend.

In die tweede seisoen is Reyka op die spoor van ’n moordenaar wat paartjies by ’n uitkykpunt langs die kus, nogal Lover’s Lane genoem, teiken. Hoewel dié moordenaar die manlike slagoffers baie kil, koud en klinies uit die weg ruim, bespeur Reyka ’n wroeging oor sy vroue-slagoffers. Intussen spook haar verlede steeds by haar. Angus Speelman (Iain Glen, Game of Thrones), die Skotse boer wat haar as jong kind ontvoer het, is nou in ’n instelling vir seksoortreders. Reyka sukkel egter steeds om tot verhaal te kom en haar trauma te verwerk. 

Sy kry ook ’n nuwe partner, Ayanda Jali, vertolk deur die bekroonde aktrise en musikant Samkelo Ndlovu (iNkaba, Freedom). Ayanda is, baie soos Reyka, ’n taai vrou met sterk morele waardes en integriteit en die twee wod gou vriende en vertrouelinge. 

Ook in die rolverdeling is Pallance Dladla (DAM), Frank Rautenbach (Lioness), Lemogang Tsipa (Shaka iLembe), Joey Rasdien (Bunny Chow), Zane Meas (Ludik) en Deon Lotz (Taktiek).

Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 11 Januarie 2024, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending). 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies