Menu terloops

Resident Alien S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jul 2022]


Syfy se ‘Resident Alien’ is wetenskapfiksie, komedie en moordraaisels alles in een. Albei seisoene is nou op Showmax.

Kyk nou

Resident Alien S1-2
Kyk lokprent

Resident Alien, vertel die verhaal van Harry, ’n wese uit die buitenste ruim gespeel deur Alan Tudyk (Rogue One, Firefly), wat op aarde land en hom dan voordoen as ’n dokter in ’n klein dorpie. Sy eintlike doel is om soveel mense moontlik dood te maak en hy begin deur onder die radar te lewe, maar dan word hy gevra om ’n moord op te los en hy besef hy gaan moet aanpas op aarde. En dan begin die moeilike vrae. Is dit die moeite werd om mense se lewens te red? En hoekom word pizza gevou voordat dit geëet word?

Resident Alien het ’n puntetoekenning van 8.2 uit 10 op IMDb en ’n 94% op Rotten Tomatoes. ’n Kritikus by die Los Angeles Times het geskryf: “Ons beweeg in Spielberg se are hier. Tudyk speel sy rol as die wese baie goed terwyl hy humor en seks onder die knie kry. Ek het geglimlag, gelag en werklik omgegee vir die karkater”.

Die reeks is ongelooflik goed ontvang deur kykers én resensente. Dis dus g’n wonder dat daar soveel opgewondenheid oor die tweede seisoen is nie. Niemand is blyer as terloops se resensent, André-Pierre du Plessis, nie. Hy beskryf die reeks as “perfekte, maklike kykgenot wat eintlik vir enigiemand bedoel is.” In sy resensie van die eerste seisoen, skryf hy: “Resident Alien is ’n unieke mengsel van komedie, drama en wetenskap-fiksie wat dit regkry om aanhangers in bykans elke demografie te vind.’

Albei seisoene van Resident Alien is nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies