Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Jun 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025


Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie… Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 4 Junie 2025

Onderbrekings…

Reënboogrant is in donkerte gedompel. ’n Gebreekte motor, ’n ongenooide gas en ’n skokkende ontdekking veroorsaak vrees en onsekerheid… 

Hiep-hiep…

Dit is Marius se partytjie en dinge verloop allesbehalwe vlot. Rachelle neem ’n besluit oor Chris. Maryna is bekommerd oor haar gesondheid. Monique tree vreemd op. 

Woensdag, 11 Junie 2025

Somerliefde

Shani besef die Desember-vakansie gaan lekkerder wees as wat sy verwag het. Dolf maak ’n skokkende ontdekking. Ouma Mart probeer om vir Sunette op te beur. ’n Onverwagse besoeker daag op… 

Vakansieromanse

Die Brinks geniet die skoolvakansie, maar dit blyk dat drama nooit ’n blaaskans vat nie. Shani geniet Dave se geselskap terwyl Dolf na Monique probeer uitreik. 

Woensdag, 18 Junie 2025

Een Sprong…

Kersfees bring verrassings vir die Brinks. Dave en Shani se afspraak ontaard in ’n angswekkende situasie, terwyl Chris se besluite groter gevolge het as wat enigiemand kon verwag. 

Ontnugtering

Almal moet die trauma van die voorval by die springgat verwerk, maar Dolf sukkel. Maryna se geheim veroorsaak massiewe misverstande. Rachelle vertel vir Grethe van die ongeluk. 

Woensdag, 25 Junie 2025

Druipsterte en vlinders

Dolf sukkel om die voorval met Monique te verwerk. Shani probeer vir Lizane oortuig dat die Dave-romanse gebeur het. Johan het planne met Shani, terwyl Maryna en Herman geheime vir mekaar wegsteek. 

Geheime is nie leuens nie

Marius maak ’n nuwe vriend. Maryna speel vir tyd en Herman raak al meer angstig. Ouma Mart praat haar mond verby en Dolf se “kruk” kerf vir hom probleme uit.


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies