Menu terloops
In Redakteurskeuse [7 Mar 2023]

Redakteurskeuse vir Maart 2023


Wat om te kyk: Die mockumentary-minireeks ‘Daisy Jones & the Six’, die derde seisoen van die bekroonde komedie-drama ‘Ted Lasso’, en die misdaadriller ‘Luther: The Fallen Son’ is die redakteurskeuse vir Maart 2023.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse vir Maart 2023

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Maart 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Daisy Jones & the Six

Vanaf 3 Maart 2023 op Amazon Prime Video

Daisy Jones & The Six is gegrond op die gelyknamige topverkoper fiksie-boek deur Taylor Jenkins Reid wat vertel oor die rise and fall van ’n beroemde rockgroep in die 70’s. Soos die boek, draai die TV-weergawe om die groep se lede wat dekades later besluit om die sluier te lig en te onthul wat tot hul skielike break-up, terwyl hulle op hul gewildste was, gelei het. Die storie word met ’n kombinasie van terugflitse en onderhoude – amper soos ’n mockumentary – vertel.

Die reeks se musiek is heeltemal oorspronklik en ’n vollengte album, Aurora, is saam met die reeks vrygestel. 

As jy dink die storie klink effe bekend – dis omdat Reid se boek, hoewel fiktief, deels geïnspireer is deur die etlike Fleetwood Mac-konserte wat sy in haar grootwordjare op televisie gekyk het.

Ook in die rolverdeling tel Sam Claflin, Suki Waterhouse, Camila Morrone, en Timothy Olyphant. Dis egter Keough wat die asem laat wegslaan. Keough, die kleindogter van Elvis Presley, het ’n ethereal kwaliteit – sy is deur en deur ’n ster; elegant flinkvoetig soos sy haar dele van die storie weef.

Reese Witherspoon dien as die reeks se uitvoerende vervaardiger.

Luther: The Fallen Son

Vanaf 10 Maart 2023 op Netflix.

In Luther: The Fallen Sun keer Idris Elba terug as die briljante maar skandbevlekte speurder John Luther. Dié fliek volg op die gebeure van die bekroonde Britse televisiereeks, Luther (2010-2019). In dié voortsetting van die saga, vind ons Luther agter tralies, maar as ’n reeksmoordenaar Londen sy nuwe pretpark maak, besluit Luther om uit die tronk te ontsnap en die wreedaard vas te trek.

Ook in die rolverdeling is Cynthia Erivo, Andy Serkis en Dermot Crowley.

Ted Lasso S3

Vanaf 15 Maart 2023 op Apple TV.

Jason Sudeikis vertolk die hoofrol in Apple TV se kroonjuweel, Ted Lasso.

Dié komediedrama se eerste seisoen is vir ’n allemintige 20 Emmy-toekennings benoem – die meeste nog vir ’n komedie se eerste seisoen – en is ook in 2021 met die Emmy-toekenning vir beste komediereeks bekroon. Die reeks se sukses is deels te danke aan die lekkerte en volrondheid van die karakter en deels aan hoe Sudeikis dan vir Ted Lasso lewe gee.

Die storie draai om Lasso se onwaarskynlike aanstelling as die afrigter van ’n fiktiewe Engelse Premierliga-sokkerspan. Onwaarskynlik, omdat Ted eintlik ’n Amerikaanse voetbalafrigter van Kansas is en geen, maar geen, ervaring as sokkerafrigter het nie.

Dit blyk gou dat dat die span, AFC Richmond, en Ted eintlik net pionne is. Die span se eienaar, Rebecca Welton, het juis vir die onervare Ted aangestel as deel van haar plan om die span in die grond te laat duik en wraak teen haar eksman te neem. Maar Ted pas nie in haar legkaart in nie. Trouens, met sy sjarmante persoonlikheid en humorsin, wen hy gou die span se steun. Selfs die yslaag om Rebecca begin smelt. 

Die reeks het ’n punt van 95% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die kritici konsensus wat die reeks se optimisme en sjarme loof.

Vanity Fair skryf: “Ted Lasso is nie net goed nie, maar ook belangrik.” 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies