Menu terloops
In Redakteurskeuse [1 Jun 2023]

Redakteurskeuse vir Junie 2023


Wat om te kyk vandeesmaand: HBO se omstrede nuwe reeks, ‘The Idol’, die laaste seisoene van ‘Never Have I Ever’, en ‘Jack Ryan’, Henry Cavill se finale uittog as Geralt in ‘The Witcher’, en ‘Arnold’, ’n ongeveinsde dokkie-reeks oor Arnold Schwarzenegger, tel as die redakteurskeuse vir Junie.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse vir Junie 2023

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Junie 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Idol S1

Vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Showmax beskikbaar. 

Ná ’n senuwee-ineenstorting haar laaste musiektoer ontspoor, is Jocelyn (Lily-Rose Depp, The King) vasbeslote om haar kroon as die grootste en sexyste popster in Amerika terug te eis. Haar passie word weer aangevuur deur ’n bekende selfhelp-ghoeroe (en kultusleier), Tedros (Abel ‘The Weeknd’ Tesfaye). Sal haar romantiese ontwaking haar na glorieryke nuwe hoogtes of die diepste en donkerste dieptes van haar siel neem?

Die Suid-Afrikaans-gebore popster (en ster van die Spud-trilogie), Troye Sivan, en Schitt’s Creek se Dan Levy, tel onder die rolverdeling.

Die regie is deur Euphoria (ook op Showmax) se Sam Levinson. Levinson het egter eers maande ná verfilming reeds begin het by die span aangesluit om die eerste regisseur, Amy Seimetz, te vervang. Dié skuif is maar die minste van die omstredenheid waarin die projek gehul is. Ná die reeks se premiere by Cannes vanjaar, is die volop eksplisiete tonele deur sommiges as eerder haas pornografies bestempel en ’n toon van amperse vrouehaat is ook opgemerk.

The Witcher S3

Deel 1 van die derde seisoen is vanaf 29 Junie 2023 op Netflix beskikbaar. Die tweede deel van die seisoen sal na verneem word kort daarna vrygestel word. 

Kyk, ek is nie gelukkig dat die derde seisoen van The Witcher die laaste keer is wat ons Henry Cavill as Geralt gaan sien nie. Wie op aarde het gedink dis ’n goeie idee om hom met Liam Hemsworth te vervang? Wie?! So indulge maar in hierdie laaste bietjie visuele paradys van Cavill se perfekte… beenstruktuur. 

Met die aanvang van die derde seisoen, is daar allerlei vyande op Geralt, Ciri en Yennefer se spoor. Terwyl Yennefer vir Ciri help om haar towerkragte baas te raak, probeer Geralt om hulle van toenemende bedreigings en gevaar uit alle oorde te beskerm. 

Never Have I Ever S4

Vanaf Donderdag, 8 Junie 2023, op Netflix. 

Ek wil snik! Die vierde – en finale – seisoen van storieskepper en aktrise Mindy Kaling se gewilde coming-of-age-komedie, Never Have I Ever, is op hande. And I’m not ready! 

Die reeks, wat draai om ’n eerste-generasie Indiër-Amerikaanse tienermeisie, Devi (Maitreyi Ramakrishnan), is deurgaans opreg in sy vertelling. Dit wissel flink tussen hartverwarmende, vreeslik cringey, en uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep. 

Soos met die vorige drie seisoene, het die vierde aflewering ook tien episodes… helaas, dit sal nooit genoeg wees nie. 

Tom Clancy’s Jack Ryan S4

Jack Ryan

Die vierde en laaste seisoen van Tom Clancy’s Jack Ryan vind die titelkarakter op sy gevaarlikste missie nog. Die storie hervat met die Jack (John Krasinski) as die nuwe waarnemende adjunkdirekteur van die CIA. Sy eerste taak is allermins maklik: daar’s vyande en korrupsie in hul eie geledere wat Jack moet ontbloot. Hy ontdek dan ’n hele reeks ongewone black ops wat Amerika se swakpunte kan ontbloot en só die hele land in gevaar stel. Soos Jack en sy span die korrupsie in die organisasie ondersoek, kom hulle op iets veel erger af…

Ook in die rolverdeling tel Wendell Pierce as James Greer, Michael Kelly as Mike November, en Abbie Cornish as Cathy Mueller. Nuwe gesigte dié seisoen sluit in die briljante Michael Peña as Domingo Chavez en Louis Ozawa as Chao Fah.

Arnold

Vanaf Woensdag, 7 Junie 2023, op Netflix beskikbaar. 

Die legendariese akteur – en later politikus! – Arnold Schwarzenegger se lewensverhaal ontvou in dié driedelige dokumentêre reeks. Arnold volg sy reis vanaf die platteland in Oostenryk na sy uiteindelike reuse-sukses in Hollywood as onder meer die ster van die Terminator-flieks. 

Die vertelling is by wyse van ’n reeks openhartige onderhoude met Schwarzenegger self, asook sy vriende, medesterre, mededingers en ander wat sy loopbaan en lewe met ’n fyn oog dopgehou het. Só kry ons ’n eerlike, onverbloemde blik op als van sy dae as ’n bekroonde ligaamsbouer wat na hartelus yster pomp, sy tyd in Hollywood as aksieheld, sy werk as die voormalige goewerneur van Kalifornië, en die onstuimigheid van sy gesinslewe oor die jare heen. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies