Menu terloops
In Gons [6 Sep 2024]

‘Recipes for Love and Murder’: Eerste foto’s van tweede seisoen


Ons het nog nie ’n uitsaaidatum vir die tweede seisoen van ‘Recipes for Love and Murder’ nie, maar wel die eerste sarsie foto’s wat ’n blik op dié uittog gee. 

Kyk S1 van 'Recipes of Love and Murder' op Showmax

‘Recipes for Love and Murder’: Eerste foto’s van tweede seisoen

Recipes for Love and Murder is gegrond op die gelyknamige boek deur Sally Andrew. Die Ierse aktrise, Maria Doyle-Kennedy, vertolk die storie se hoofkarakter, Tannie Maria. Die boek is deur die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jeynes in ’n TV-draaiboek verwerk. 

Tannie Maria is ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. Die eerste seisoen het gedraai om die moordondersoek na een van Tannie Maria se korrespondente. Sy het kragte met ’n rookie-joernalis, Jessie September (Kylie Fisher), saamgespan om dié moord op te los.

Die tweede seisoen begin met ’n massiewe brand wat die klein dorpie Eden verswelg en dan ’n noodlottige kettingreaksie ontlok.  Tannie Maria, Jessie en Khaya (Tony Kgoroge) word dan by ’n moordondersoek betrek. Boonop kom die dorp se donkerste geheime op die lappe.

Ook dié keer deel van die rolverdeling tel Wynand Ferreira (Moffie, Mooiweer en Warm, Wyfie), wat Jaco, Regardt se intense jonger broer vertolk; Gerard Rudolph (Devil’s Peak) as Ricus, ’n opgeleide sielkundige wat ’n werktuigkundige geword het; en Hlubi Mboya (Blood Psalms, I Am All Girls) as Jackie Baloyi, die nuwe begrafnisondernemer.

Recipes for love and murder
Jessie September (Kylie Fisher) en Hattie Wilson (Jennifer Steyn) ontdek ’n ontstellende brief wat aan die koerant gestuur is.
Recipes for love and murder
Frank (Anele Matoti) en sy vrou, Georgie (Kazi Khuboni), het ’n ongemaklike rit terug huis toe nadat hulle inkopies by die plaaslike deli gedoen het. 
Recipes for love and murder
’n Nie-so-vriendelike-reünie ontvou as Maria Purvis (Maria Doyle Kennedy), Aileen McClintock (Robyn Scott), en Gordon McClintock (Richard Wright Firth) vassit oor die eienaarskap van Maria se familiehuis. 
Recipes for love and murder
Maria Purvis (Maria Doyle Kennedy) ontmoet die befaamde ‘Satanic Mechanic’ Ricus  (Gerard Rudolf) en ontdek dat daar meer aan hom is as net dié absurde naam en die skinderstories wat die dorp op hol het.
Speurder Khaya (Tony Kgoroge) en Piet Kasin (Elton Landrew) is dankbaar vir die hulp van die plaaslike begrafnisondernemer en haar assistent – Jackie (Hlubi Mboya) en Leonard (Charles Tertiens) – hierdie seisoen.  
Khaya (Tony Kgoroge) vereenselwig met Jackie (Hlubi Mboya) wat ook ’n enkelouer is.

Recipes for Love & Murder se regie is deur Jozua Malherbe en Karen Jeynes.


Die eerste seisoen van Recipes for Love and Murder is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies