Recipes for Love and Murder is “nes ’n driegangmaal, met verskillende teksture en smake wat jou op jou tone hou,” skryf Riëtte van der Wat in haar resensie oor dié reeks se tweede seisoen.
In Recipes for Love and Murder vertolk die aktrise Maria Doyle Kennedy die karakter van Tannie Maria, ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. Die eerste seisoen het gedraai om die moordondersoek van een van Tannie Maria se korrespondente terwyl die tweede seisoen begin met ’n brand wat die klein dorpie Eden verswelg en ’n noodlottige kettingreaksie ontlok.
Hier is wat op die stel van dié reeks, met regie deur Jozua Malherbe en Karen Jeynes, tussen takes gebeur het. (Alle foto’s is deur M-Net verskaf.)

RFLM_SD33- Scenes: 3.37-3.40, 3.46A, 3.47, 3.50, 3.54, 3.59, 4.01








Die tweede seisoen van Recipes for Love & Murder saai weekliks vanaf Donderdag, 23 Januarie 2025, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uit. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.