Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Mar 2023]

‘Real Housewives’ boer nou in die Wynlande


Eers het vyf vroue van Pretoria die land aan die gons gehad in ‘Die Real Housewives van Pretoria’ – en nou is die mooie Kaap aan die beurt in ‘Die Real Housewives van die Wynlande’.

‘Real Housewives’ boer nou in die Wynlande

In Die Real Housewives van die Wynlande gaan ses vroue hul huise, harte en lewens vir kykers blootlê. Dié ses, wat ’n voormalige skoonheidskoningin, fiksheidsmodel, mediese dokter en sangeres insluit, se name word eersdaags bekendgemaak.

Die Real Housewives van die Wynlande is in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm. Die eerste episode sal op 20 April uitgesaai word.

Volgens Barrie Kelly van NBC Universal, die Amerikaanse maatskappy aan wie die Housewives-franchise behoort, is dié nuwe weergawe van die realiteitsreeks asemrowend. “Die ‘stel’ van die Kaapse wynlande is ongelooflik en ek is gaande oor hoe dit in die openingtitels gebruik word,” sê hy.

“Die natuurskoon en pragtige dorpies is as’t ware een van die hoofkarakters van die reeks,” meen die reeksregisseur Pascual Wakefield. “Kykers gaan beslis aanklank vind by die vroue, op die punt van hulle stoele sit as dinge ernstig raak en soms emosioneel geroer word. Daar gaan natuurlik ook baie gelag word; alles in een episode. Hierdie vroue het dalk nie ’n tekort aan geld nie, maar hulle het siel ook.”

The Real Housewives-franchise het in Maart 2006 sy debuut in Amerika met The Real Housewives of Orange County gemaak. Intussen is daar 11 verskillende reekse in Amerika vervaardig met 21 internasionale weergawes waaronder reekse in Durban, Johannesburg en Kaapstad. Die Real Housewives van Pretoria, wat in Oktober 2022 op kykNET begin het, was die eerste reeks in Afrikaans.


Die Real Housewives van die Wynlande begin op 20 April 2023 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies