Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Okt 2021]

Ram vir ’n Rus


Ram vir ʼn Rus volg hubare bachelors in hul soektog na (Russiese) liefde.

Kyk nou

Ram vir ’n Rus

Ram vir ʼn Rus is ’n nuwe realiteitsreeks wat nié oor skape gaan nie.

Inteendeel, in dié VIA-reeks sleep vier enkellopende Suid-Afrikaanse mans vlerk by 12 Russiese vroue.

Die enkellopendes het mekaar eers aanlyn leer ken nadat die vroue briewe vir die mans gestuur het. Die mans kon toe elkeen hul twee gunstelinge uitnooi om in Suid-Afrika te kuier en mekaar beter te leer ken.

Die hele proses speel oor 12 weke af, en op die heel laaste aand besluit die paartjies of hulle gaan trou óf verby hou. 

Ram vir ’n Rus is ook op Showmax beskikbaar. Of probeer ander plaaslike realiteitsreekse oor die “liefde” (dalk eerder net lus…), soos Temptation Island SA en Love Island SA.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies