Menu terloops

Raised by Wolves S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Raised by Wolves’ speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede wat mensekinders op ’n onbekende planeet grootmaak. 

Kyk nou

Raised by Wolves S1-2
Kyk lokprent

Raised by Wolves, wat in Suid-Afrika geskiet is, speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede, Mother (Amanda Collin) en Father (Abubakar Salim), wat mensekinders op ’n geheimsinnige planeet, Kepler-22b, moet grootmaak. 

Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Kim Engelbrecht (Reyka) sluit in die tweede seisoen by die rolverdeling van dié trefferreeks aan. In die nuwe seisoen moet Mother en Father saam met hul kroos van ses mensekinders by ’n nuutgevormde ateïstiese kolonie in Kepler-22b se geheimsinnige tropiese sone aansluit. Maar om hierdie vreemde nuwe samelewing uit te pluis, is net een van die uitdagings wat op hulle wag. 

Raised by Wolves is vir verskeie toekennings benoem en is deur Inverse bestempel as “Ridley Scott se beste wetenskapfiksie sedert Alien…daar is geen TV-reeks soos dit nie.” 

Stroom die eerste drie episodes op 4 Februarie, met nuwe episodes elke Vrydag tot 25 Maart. Die volledige eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies