Menu terloops

Rain Dogs S1

Op DStv [Gepubliseer op 23 Jun 2023]


‘Rain Dogs’ is ’n Britse komediereeks wat vir onder meer die skryfwerk deur Cash Carraway, asook die vertelling, geprys word.

Kyk nou

Rain Dogs S1
Kyk lokprent

Rain Dogs, ’n tragi-comedy (waarvan daar heeltemal te min gemaak word!), volg ’n sukkelende enkelma, Costello Jones (Daisy May Cooper), en haar jong dogter, Iris (Fleur Tashjian). Daar is nog heerlike karakters wat die storie verder inkleur, soos Selby (Jack Farthing), Iris se kamma-pa, en Costello se holderstebolder beste vriendin, Gloria (Ronkẹ Adékoluẹjo). 

Die New Yorker beskryf die reeks as ’n “vertoonvenster vir gebrekkige menslikheid en (soms verregaande) galghumor”.

The Guardian beskryf Rain Dogs weer as “ ’n somber en pragtige drama waarin die min ligpunte ’n kwessie van oorlewing is, soos gate wat deur die donker geslaan word.”


Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 23 Junie 2023, om 22:10 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies