Menu terloops

Ragdoll S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jul 2022]


Jy het ’n sterk maag nodig as jy die rillerreeks ‘Ragdoll’ op Showmax wil kyk…

Kyk nou

Ragdoll S1
Kyk lokprent

Ragdoll, gegrond op die gelyknamige rillerboek deur Daniel Cole, is deur dieselfde span as die bekroonde trefferreeks Killing Eve vervaardig. 

Met ’n fyn balans tussen geweld en ’n skerpsinnige teks, draai die verhaal om die polisieondersoek wat ná die moorde op ses mense volg.

Dié moorde is egter op ’n volgende vlak van grillerig – nie net is die slagoffers se liggame in stukke opgesny nie, verskillende dele daarvan is bymekaargewerk om een gruwelike lyk te skep. Vandaar dan die bynaam, Ragdoll.

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en word vir gril-en-ril-aanhangers aanbeveel… Dis nou as jy dink jou maag is sterk genoeg. Soos Matt Roush van TV Insider skryf: “Kyk dit as jy dit waag.” Of dit inderdaad wel meer grieselrig as Dexter is, sal jy maar self moet besluit…

Die rolverdeling sluit in Lucy Hale van Pretty Little Liars, en Killing Eve se Henry Lloyd-Hughes. 

Kyk dit nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies