Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2021]

Queen Sono


Queen Sono is die eerste oorspronklike Netflix-reeks vir en deur Suid-Afrikaners.

Queen Sono
Kyk lokprent

Die eerste oorspronklike Netflix-reeks vir en deur Suid-Afrikaners, Queen Sono, sou aanvanklik ’n tweede seisoen kry, maar Covid-19 het die verfilming in die wiele gery.  Dis ’n groot jammerte, want die reeks, met die aktrise Pearl Thusi in die hoofrol as Queen Sono, is volop intrige en aksiebelaai. 

Queen Sono is ’n spioen vir ’n geheime regeringsorganisasie en die reeks begin met haar raison d’etre vir dié gevaarlike beroep. Dis die herdenking van haar ma, ’n vryheidsvegter se dood. Safiya Sono is vermoedelik deur pro-apartheid skurke vermoor en die reeks draai om Queen se pogings om die waarheid oor haar ma se moord uit te krap. Intussen moet sy ook met misdadigers afreken wat die land, en soms ook die kontinent, bedreig. 

’n Bonus is die klomp verskillende Suid-Afrikaanse tale wat gebruik word. 

Buiten Thusi, is Rob van Vuuren, Loyiso Madinga en selfs Frank Opperman, in die reeks te sien. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies