Menu terloops

Queen Charlotte: A Bridgerton Story

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Mei 2023]


‘Queen Charlotte’ dien as ’n voorverhaal vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, ‘Bridgerton’.

Queen Charlotte: A Bridgerton Story
Kyk lokprent

Die jonge koningin Charlotte se huwelik met koning George van Engeland ontketen ’n epiese liefdesverhaal wat uiteindelik reuse-verandering meebring in die nuwe Netflix-reeks, Queen Charlotte: A Bridgerton Story.

Queen Charlotte dien as ’n prequel vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, Bridgerton. Dit werp dus lig op die menswees en geskiedenis van die Charlotte wat ons in Bridgerton leer ken het.

Terwyl die aktrise Golda Rosheuvel die rol van Charlotte in Bridgerton vertolk, speel India Amarteifio die jonger weergawe van dié koninklike. Corey Mylchreest is in die rol van die jong George.

Ek het ’n gevoel dié reeks se ses episodes gaan ons net vir meer laat vra… Bridgerton is immers nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Lees meer oor Bridgerton hier.


Queen Charlotte: A Bridgerton Story is vanaf Donderdag, 4 Mei 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies