Menu terloops

Queen Charlotte: A Bridgerton Story

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Mei 2023]


‘Queen Charlotte’ dien as ’n voorverhaal vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, ‘Bridgerton’.

Queen Charlotte: A Bridgerton Story
Kyk lokprent

Die jonge koningin Charlotte se huwelik met koning George van Engeland ontketen ’n epiese liefdesverhaal wat uiteindelik reuse-verandering meebring in die nuwe Netflix-reeks, Queen Charlotte: A Bridgerton Story.

Queen Charlotte dien as ’n prequel vir die gebeure in die gewilde periode-dramareeks, Bridgerton. Dit werp dus lig op die menswees en geskiedenis van die Charlotte wat ons in Bridgerton leer ken het.

Terwyl die aktrise Golda Rosheuvel die rol van Charlotte in Bridgerton vertolk, speel India Amarteifio die jonger weergawe van dié koninklike. Corey Mylchreest is in die rol van die jong George.

Ek het ’n gevoel dié reeks se ses episodes gaan ons net vir meer laat vra… Bridgerton is immers nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop. Lees meer oor Bridgerton hier.


Queen Charlotte: A Bridgerton Story is vanaf Donderdag, 4 Mei 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies