Menu terloops

Pulse

Op Showmax [Gepubliseer op 23 Jun 2022]


‘Pulse’ is Showmax se nuwe gruwelreeks en volg op die sukses van ander Showmax-stories soos ‘Glasshouse’ en ‘Fried Barry’.

Kyk nou

Pulse
Kyk lokprent

Pulse is Showmax se nuwe gruwelreeks wat oor ses episodes strek.

Dit kan vanaf 23 Junie op Showmax gestroom word.

In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.

Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. 

Ander spelers sluit in Sven Ruygrok en Carel Nel met kameerolle deur onder andere die veelbekroonde Albert Pretorius (Nêrens, Noord-Kaap), en veteraanakteur Frank Opperman (Dominee TienieNêrens, Noord-Kaap).

Showmax is nie bang vir die wêreld van gril en ril nie. Ander oorspronklike gruwelreekse wat deur dié platform geskep is, sluit in Glasshouse en Fried Barry. Dan is daar natuurlik ook die angsaanjaende dokkie, Devilsdorp.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies