Menu terloops

Poker Face S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Des 2023]


Die Emmy-benoemde aktrise Natasha Lyonne, veral bekend vir haar briljante spel in Russian Doll en Orange Is The New Black, speel ene Charlie Cale in die Oscar-benoemde Rian Johnson se raaiselreeks, ‘Poker Face’.

Poker Face S1

In Poker Face, bestaande uit tien episodes, beskik Lyonne se karakter oor die buitengewone vermoë om vas te stel as iemand lieg. Ná een van Charlie se vriende vermoor word, vat sy die pad en oral waar sy met haar Plymouth Barracuda stop, is daar (heel toevallig…) ’n nuwe raaisel om op te los.

Onder die ander spelers tel Adrien Brody, Joseph Gordon-Levitt, Chloë Sevigny, Jameela Jamil, Cherry Jones, Stephanie Hsu en nog.

Poker Face is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Ook nie te versmaai nie is die reeks se 98% op Rotten Tomatoes, die glowing resensies en die vir Emmy-benoemings wat dit ontvang het – onder meer vir beste aktrise vir Lyonne se begeesterde spel. 

Ed Power van die Daily Telegraph (UK) skryf só daaroor in sy resensie: “Dit is aangrypend, gruwelik wanneer dit moet wees, en Lyonne is sjarme op ’n stokkie.” 

Entertainment Weekly se Darren Franich was dit ook eens dat Poker Face selfs as die “beste misdaadreeks van die jaar” beskou kan word met ’n rits ander resensente wat meen dié reeks herinner sterk aan die beste dele van die ikoniese reeks, Columbo

Vanaf Maandag, 11 Desember 2023, op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies